Inbiologie, is 'nspesie (ook soms diesoort genoem) die basiese eenheid vanbiodiversiteit. In diewetenskaplike klassifikasiesisteem, word 'n spesie aangedui deur 'n frase van twee woorde inLatyn. Diegenusnaam is eerste, gevolg deur die spesienaam. Diemens word byvoorbeeld as 'n spesie aangedui as volg:Homo (die genus) ensapiens direk daarna, as die spesie. Die spesie is nie net die laaste woord nie, maar die hele frase:Homo sapiens. Hierdie stelsel is gegrond op die werk van veralCarolus Linnaeus in die 1700's. Op daardie tydstip is daar gedink dat spesies onafhanklike skeppingsdade vanGod was, en dus objektief onveranderbaar.
Sedert die opkoms van dieevolusieleer, het die begrip van die woordspesie groot verandering ondergaan. Desnieteenstaande is daar steeds geen wetenskaplike konsensus oor die betekenis daarvan nie. Die mees algemeen aanvaarde definisie is dié vanErnst Mayr:spesies is groepe natuurlikebevolkings wat inderdaad of potensieel kan onderteel, maar voortplantingsgesproke, geïsoleerd van ander soortgelyke groepe is.
Die wetenskaplike naam van 'n spesie word in skuinsdruk geskryf. As daar na 'n onbekende spesie verwys word, word die afkorting "sp." (in die enkelvoud) of "spp." (in die meervoud) geplaas in die tweede deel van die spesiefrase.
Dit is die enigste taksonomiese vlak wat empiriese betekenis het: om te meld dat twee diere van verskillende spesies is, beteken meer as net dat daar 'n verskil in klassifikasie is.
Tradisioneel het navorsers op die waarneming vananatomiese verskille staatgemaak, of die vermoë van verskillende bevolkings organismes om te onderteel om spesies van mekaar te onderskei. Albei hierdie metodes bly belangrik, maar die deurbrake in die veld vanmikrobiologiese navorsingsmetodes, insluitende die area vanDNS, het 'n reuse bron van verdere verskille of ooreenkomste opgelewer. So is talle spesies nou saamgevoeg, en voormalige enkele spesies in meer as een herverdeel.