DieSpaanse Ryk (Spaans:Imperio español) was een van die grootste ryke in die wêreldgeskiedenis en een van die eerste met sò 'n globale omvang.Spanje het die toppunt van sy militêre, politieke en ekonomiese mag onder die SpaanseHabsburgers bereik. Dit het voortgeduur regdeur die meeste van die 16de en 17de eeu, en sy grootste territoriale heerskappy in die 18de eeu onder dieHuis van Bourbon bereik toe dit die grootste ryk in die wêreld was. Die Spaanse Ryk was diesupermoondheid van sy tyd en die eerste na wie verwys is as "die moondheid oor wie die son nooit sak nie". Die ryk, wat uit Madrid deur die Spaanse Kroon geadministreer is, het uit gebiede en kolonies inEuropa, dieAmerikas,Afrika,Asië enOseanië bestaan. Dit het tydens die verkenningstydperk begin na die seereise vanChristopher Columbus en voortgeduur tot in die laat 19de eeu. Spanje se territoriale invloed het verder as Europa gestrek tot by die Groot Antille, die helfte van Suid-Amerika, die meeste vanSentraal-Amerika, die meeste van Noord-Amerika (insluitende die hedendaagse Meksiko, Florida, Suidwes-Amerika, Sentraalwes-Amerika, en die Weskus-streke van dieVerenigde State, asook 'n aantal van die Stille Oseaan se eilandgroepe en die Filippyne.[1]
Die meeste van die Spaanse Ryk het oor drie eeue voortbestaan en in 1492 met diekolonisasie van die Amerikas begin en voortgeduur tot in die vroeë 19de eeu met dieSpaans-Amerikaanse Oorloë vir onafhanklikheid, waarna slegsKuba,Puerto Rico, en die Filippyne Spaans gebly het. Ná die Spaans-Amerikaanse Oorlog van 1898 het Spanje sy laaste kolonies in dieKaribiese Eilande en die Stille Oseaan aan die Verenigde State oorhandig. Sy laaste Afrikakolonie het in 1975 onafhanklikheid verkry. Saam met die gebiede van die Portugese Ryk, wat Spanje ook van 1580 tot 1640 beheer het, het die Spaanse Ryk die eerste Europese land geword wat die wêreldhandel oorheers het.
Die Spaanse Ryk het 'n reuse kulturele, stedelike en argitektoniese nalatenskap in dieWestelike Halfrond gevestig. Honderde stede en dorpies is gedurende die Spaanse oorheersing in die Amerikas gebou. Die tasbare erfenisse sluit in forte,kerke, hospitale, regeringsgeboue, en koloniale huise, waarvan baie nog vandag bestaan. 'n Aantal van vandag se paaie, kanale, hawens en brûe is steeds daar waar Spaanse ingenieurs dit eeue gelede gebou het. Die oudste universiteite in die Amerikas is deur Spaanse opvoeders enRooms-Katolieke sendelinge gestig. Die Spaanse Ryk het ook vir 'n groot kulturele en taalkundige nalatenskap gesorg. Met meer as 470 miljoen moedertaalsprekers vandag is Spaans die naasgrootste spreektaal in die wêreld. Dit is te danke aan die bekendstelling van die taal van Kastilië — Kastiliaans, "Castellano" — vanuit dieIberiese Skiereiland totSpaans-Amerika, wat later verder uitgebrei is deur die regerings van opvolg- onafhanklike republieke. Ander kulturele nalatenskappe van die Spaanse Ryk is die Rooms-Katolieke Kerk, wat vandag steeds die vernaamste geloof in Spaans-Amerika is. Die kulturele nalatenskap is ook teenwoordig in diemusiek,argitektuur,kookkuns enmodes in die grootste deel van Spaans-Amerika.
Die land van die Iberiese Skiereiland het sedert die tyd vanAntieke Rome en die Visigotiese Ryk bekend gestaan as Hispanje. Die herwinning van die gebied uit die hande van dieMore tydens dieReconquista het tot die skep van vier Christelike ryke gelei, naamlik: Kastilië, Aragon, Navarra enPortugal.
Die dinastiese unie van die Kroon van Kastilië (wat die koninkryk Navarra na 1515 ingesluit het) en die Kroon van Aragon,[2] wat deur die Katolieke monarge (Spaans: Reyes Católicos) gestig is, het 'n politieke outoritêre stelsel ingestel wat tot aan die begin van die 18de eeu afgedwing is. Dit het bekend gestaan as die Spaanse monargie. In dié tydperk het die Spaanse koning oor al sy gebiede met 'n poli-sinodale stelsel van rade op 'n unitêre wyse regeer, maar sy heerskappy as koning of lord het, van gebied tot gebied, verskil aangesien elke gebied sy eie besondere administrasie en juridiese samestelling behou het. Die eenheid het nie soseer eenvormigheid beteken nie.[3]
Aangesien die Kroon van Kastilië in 1492 die reise van Christophorus Columbus befonds het, is die koninkryk in die Amerikas (wat ook dikwels die "Indies" genoem is), as 'n nuut-gestigte afhanklikheid van die koninkryk gevestig. Dit het beteken dat die kroon se mag nie deur enige bestaande "cortes" (byvoorbeeld: 'n parlement), administrasie, of seigneuriële groep (soos feodale leiers) belemmer is nie.
Ingevolge die politieke samestelling, ongeag die denominasies[4] wat aan die "dinastiese unies"[5][6] tussen 1580 tot 1640 toegeken was, het die Portugese gebied sy eie administrasie en jurisdiksie oor sy gebied behou. So ook die ander koninkryke en gebiede wat deur die Spaanse Habsburgers regeer is.[7] Sommige historici glo egter dat Portugal as koninkryk deel uitgemaak het van die Spaanse monargie van daardie tyd;[8][9][10][11][12] terwyl ander weer die afleiding maak van 'n duidelike verskil tussen die Portugese en die Spaanse koninkryke.[13][14]
Die Spaanse Ryk sluit in die dominiums van die Spaanse monarg in die Amerikas, Asië, Oseanië en Afrika, maar sommige historici verskil oor presies watter Europese gebiede hierby gevoeg moet word. Die Habsburgse Nederlande word byvoorbeeld ingesluit aangesien die gebiede deel was van die Spaanse koning se eiendom, deur Spaanse amptenare regeer en deur Spaanse troepe beskerm is. Geskiedkrywers soos die Britse historikus Henry Kamen reken dat hierdie gebiede nie ten volle by die Spaanse staat integreer was nie en eerder deel van die breër Habsburgse-eiendom was. Sommige historici gebruik "Habsburg" en "Spaans" byna uitruilbaar wanneer daar na die dinastiese nalatenskap vanKeiser Karel V of Filips II van Spanje verwys word.
Die Spaanse Habsburgers: Die Son Sak Nooit (1516–1700)
Die tydperk vanaf die 16de eeu tot die middel-17de eeu staan bekend as "die Spaanse Goue Tydperk" (Spaans:Siglo de Oro). As gevolg van die politiek rondom die huwelike van die Katolieke monarge (Spaans: Reyes Católicos), het hul Habsburgse skoonseun, Keiser Karel V die Kastiliaanse ryk in die Amerikas, die Aragonese ryk in dieMiddellandse See (insluitende 'n groot deel van die hedendaagseItalië), lande inDuitsland, die Lae Lande, Franche-Comté, enOostenryk geërf. Oostenryk, saam met die res van die oorerflike Habsburg domeins is byna onmiddellik oorgeplaas aan Ferdinand, die keiser se broer.
Hoewel dit nie 'n regstreekse erflating was nie, is Karel na sy oupa, keiser Maximilian se dood, tot keiser van dieHeilige Romeinse Ryk verkies – danksy die ontsagtelike omkoopgeld wat betaal is. Karel het die magtigste mens in Europa geword en sy heerskappy het met die grootte van sy koninkryk geen vergelyk in Europa gehad nie, totdat dieNapolitaanse tydperk aangebreek het. Daar is dikwels in hierdie tydperk verwys na die koninkryk waaroor die son nooit sak nie. Hierdie uitgestrekte oorsese ryk van die Spaanse Goue Era is nie vanuit die binnelandse Spaanse stad vanValladolid beheer nie, maar wel uitSevilla waar die Casa de Contratación (Huis van Handel) die handel met die Indies (die Amerikas en Asië) en die uitreik van lisensies vir emigrasie beheer het. Die oppergesag wat die Indies administreer het, het bekend gestaan as die Raad van die Indies en dit is in 1524 gestig.[15]
Geskiedskrywers het die Slag van Rocroi (1643) as die tradisionele einde van die Spaanse oorheersing in Europa bestempel, maar die oorlog was nog nie verby nie en Spanje het hierna nog verskeie oorwinnings behaal.
DieKatalane, die inwoners vanNapels, en diePortugese het met die hulp van dieFranse in die 1640's in opstand gekom teen Spanje. Met die Spaans-Nederlande vasgevang tussen die Franse- en Nederlandse magte, na die Slag van Lens in 1648, het dieSpanjaarde vrede verklaar met dieNederlanders en dieVerenigde Nederlande se onafhanklikheid erken. Die Vrede van Wesfale het beide die Tagtigjarige Oorlog en die Dertigjarige Oorlog tot 'n einde gebring.
Die oorlog met Frankryk het nog elf jaar voortgeduur. Hoewel Frankryk swaargekry het onder die burgeroorlog van 1648 tot 1652, was Spanje ook uitgemergel deur die Dertigjarige oorlog en die voortslepende opstande in Portugal, Katalonië en Napels. Met die oorlog teen die Verenigde Nederlande op 'n einde in 1648 verdryf die Spanjaarde in dieselfde jaar die Franse uit Napels en in 1648 uitKatalonië. Spanje herowerDuinkerken en beset verskeie forte in die noorde van Frankryk totdat die vrede gesluit is. Die oorlog het kort na die Slag van die Duine (1685) geëindig waartydens die Franse leër, onder aanvoering van burggraaf Turenne, Duinkerken van die Spanjaarde teruggeneem het. Spanje onderteken die Vrede van die Pireneë in 1659 wat die Spaans-Nederlandse gebiede van Artois en die noordelike Kataloniese gebied vanRoussillon aan Frankryk oorgedra het.
Die lang koloniale tydperk in Spaans-Amerika het gesorg dat die Spanjaarde deur die jare met die Europese en inheemse bevolkings vermeng het, terwyl 'n gedeelte ook met Afrikabloed vermeng is. Die enigste uitsonderings is in Argentinië, Chili en Uruguay waar die hoë Europese immigrasiesyfer in die post-koloniale era 'n groter invloed uitgeoefen het.
Saam met die Portugese Ryk het die Spaanse Ryk die grondslag gebou vir wêredhandel deur die trans-oseaniese handelsroetes oop te maak. Die Spaanse dollar was die wêreld se eerste globale geldeenheid.
Een van die kenmerke van hierdie handel was die uitruil van 'n groot verskeidenheid van huishoudelike plante en diere tussen die "Ou Wêreld" en die "Nuwe Wêreld" en ook andersom. Koring, gort, appels, beeste, skape, varke, perde, donkies en talle ander dinge is vir die eerste keer aan die Amerikas bekend gestel. Hierteenoor kon Amerika weer die Ou Wêreld vir die eerste keer bekendstel aan mielies, aartappels, tamaties, tabak, bone, kakao (sjokolade), vanilla, pynappels, kougom, rubber, neute, aarbeie ens. Die resultate hiervan, wat bekend gestaan het as die Columbiaanse Uitruiling, het verseker dat die landboukundige potensiaal van nie net die Amerikas nie, maar ook dié van Europa en Asië uitgebrei kon word.
↑(es) John Huxtable Elliott (2002)España en Europa: Estudios de historia comparada: escritos seleccionados,bl. 80
↑(fr) Jean-Frédéric Schaub (2001)Le Portugal au temps du Comte-Duc d'Olivares, 1621–1640,pag 59
↑(en) Ali Farazmand (1994)Handbook of Bureaucracy,bl. 13
↑(en) Wolfgang Reinhard, European Science Foundation (1996),Power Elites and State Building,bl. 92
↑(en) Daviken Studnicki-Gizbert (2007),A Nation Upon the Ocean Sea: Portugal's Atlantic Diaspora and the Crisis of the Spanish Empire, 1492–1640,bl. 36