Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Sont

Koördinate:55°47′N12°45′O / 55.783°N 12.750°O /55.783; 12.750
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Sont

Ligging van die Sont

Kaart van die Sont
Koördinate:55°47′N12°45′O / 55.783°N 12.750°O /55.783; 12.750
Ligging:Denemarke enSwede
Soort:Seestraat van dieAtlantiese Oseaan
Maksimum diepte:40 m
Lengte:181 km
Breedte:4,5 km
Invloei:Oossee
Uitvloei:Noordsee
Eiland/e:Amager, Peberholm, Salthom, Ven
Nedersettings:Kopenhagen,Malmö, Helsingør, Helsingborg

DieSont (Deens:Øresund, [ˈøːɐsɔnˀ];Sweeds:Öresund; [œrɛˈsɵnːd]) is 'n noueseestraat wat die grens tussenDenemarke enSwede vorm enSeeland in Denemarke metSkåne in Swede skei. Die straat is 118 kilometer lank en die breedte wissel van 4 kilometer tot 28 kilometer. Die engste punt bevind hom tussenHelsingør in Denemarke enHelsingborg in Swede.

Die Sont is tesame met dieGroot Gordel,Klein Gordel en dieKiel-kanaal een van vier waterweë wat dieOossee met dieAtlantiese Oseaan via dieKattegat,Skagerrak enNoordsee verbind, en is een van die besigste seeroetes ter wêreld.

Die Sont-brug, wat op 1 Julie 2000 ingewy is, verbind die Deense hoofstadKopenhagen met die Sweedse stadMalmö en vorm sodoende 'n binasionale metropolitaanse gebied met sowat 4 miljoen inwoners. Die HH-veerbootroete tussen Helsingør in Denemarke en Helsingborg in Swede in die noorde van die Sont is een van die besigste internasionale veerbootroetes ter wêreld met meer as 70 ritte in beide rigtings per dag.

Die Sont is 'n geologies jong straat wat tussen 8 000 en 8 500 jaar gelede as gevolg van 'n stygende seespieël gevorm het.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Sont&oldid=2291297"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp