Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Somer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Besoek aan die strand word in die Westerse kultuur met somer geassosieer.
'n Somerveld in België

Somer is een van die vier seisoene waarin diejaar opgedeel word. Somer volg na dielente en kom voorherfs. Dit is die warmste tyd van die jaar. Gedurende die somermaande is diedae langer en dienagte korter as in die winter, want dit word later donker.

Meteorologies gesproke val die maandeDesember,Januarie enFebruarie in die somer (Suidelike Halfrond). Terwyl dit somer in die Suidelike Halfrond is, is ditwinter in dieNoordelike Halfrond, en andersom.

Astronomies gesproke begin die somer egter met diesomersonstilstand. In die Suidelike Halfrond vind die somersonstilstand gewoonlik op 21 Desember plaas. In die Noordelike Halfrond vind dit gewoonlik op 21 Junie plaas.

Somer word met hitte,strande enswem geassosieer. Mense trek koeler aan en spandeer meer tyd buitenshuis.Swembaddens word meer algemeen gebruik en buite-aktiwiteite soosfietsry, staptogte, piekniek enbraaivleis kry meer aftrek.

Bladwisselende plante is in die somer ten volle met blare bedek, wat skaduwee teen die bloedige son bied. Baie plante dra ookvrugte (sooswaatlemoene enlietsjies) wat gedurende die somermaande geoes en genuttig kan word. Diere is orals besig om hulle kroos groot te maak. Jongbokkies speel in die veld en onvolwassearende leer vlieg.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Somer  •Herfs •Winter •Lente
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Somer&oldid=2614744"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp