Somalië (Somalies:Soomaaliya, [sɔːmɑːlijæ];Arabies: الصومال,aṣ-Ṣūmāl), amptelik dieFederale Republiek Somalië[5] (Somalies:Jamhuuriyadda Federaalka Soomaaliya; Arabies: جمهورية الصومال الفدرالية,Jumhūrīyat aṣ-Ṣūmāl al-Fidirālīyah), voorheen bekend as dieSomaliese Demokratiese Republiek, is 'n land aan die kus vanOos-Afrika, dieHoring van Afrika. In die binneland word dit begrens deurEthiopië in die weste,Djiboeti in die noordweste enKenia in die suidweste. DieGolf van Aden bespoel die kuslyn in die noorde en dieIndiese Oseaan lê oos.
Kaart van SomaliëKaart van die politiese situasie in Somalië (soos gedurende Julie 2017)
Dit bestaan tans slegs in 'nde jure sin, wat asanargie beskou kan word. Somalië het nie 'n erkende sentrale regeringsowerheid nie, geen nasionale geldeenheid nie, nog enige ander eienskap wat enigsins met 'n gevestigde volkestaat vereenselwig word.De facto owerheid berus by die regerings van die nieerkende stateSomaliland,Puntland en ander strydende krygshere.
Neolitiese rotskuns by die Laas Geel-kompleks wat 'n langhoring-bees uitbeeldSentraal-Mogadisjoe in die Italiaans-Somaliland van 1936
Daar het so ver terug as in die Paleolitiese tydperk mense in Somalië geleef. Gerdurende dieSteentydperk het die Doian- en Hargeisan-kulture hier gefloreer. Die oudste bewyse van begrafnis-rituele aan die Horing van Afrika dateer terug nabegraafplase in Somalië uit die 4de millenium v.C.[6][7]
Volgens taalkundiges het die eersteAfro-Asiatiese-sprekendes in die gebied in die daaropvolgendeNeolitikum-periode vanaf die "urheimat" (oorspronklike tuisland) in dieNyl-gebied,[8] of dieMidde-Ooste gekom.[9]
Indiese handelaars het vir eeue groot hoeveelhede kaneel vanafSri Lanka en dieMolukke na Somalië en Arabië gebring. Die oorsprong vankaneel en ander speserye was deur die jare die Arabiese en Somaliese handelaars se handel met die Griekse en Romeinse wêrelde se bes bewaarde geheim. Die Grieke en Romeine het geglo die oorsprong was die Somalieseskiereiland.[10] Die samespannende ooreenkoms tussen die Arabiese en Somaliese handelaars het die prys van Indiese en Sjinese kaneel inNoord-Afrika, Midde-Ooste enEuropa hemelhoog gehou. Dit was veral vir die Somaliese handelaars 'n uiters winsgewende bedryf deur wie se hande groot besendings oor die oseane en op landroetes verskeep is.[11]
'n Referendum is in 1958, op die vooraand van die 1960-onafhanklikheidswording van Somalië, in die naburigeDjiboeti (toe nog bekend as Frans-Somaliland) gehou, om te besluit of hulle deel wou word van die Somaliese onafhanklikheid, of voortgaan as deel vanFrankryk. Die referendum was ten gunste van aanbly by Frankryk. Dit was verseker deur die groot etnieseAfar-groep en die plaaslike Europeërs wat in die gebied gestem het.[12] Daar was ook groot ongerymdhede met die stemming toe die Franse duisendeSomaliërs vooraf uit die gebied verwyder het voor hulle by die stembusse kon uitkom.[13]
Die meerderheid wat "ja" gestem het was Somaliërs wat sterk gevoel het om deel te word van 'n verenigde Somalië, soos aanbeveel deur Mahmoud Harbi, adjunkpresident van die regeringsraad. Harbi is twee jaar later in 'n vliegongeluk dood.[12] Djiboeti het uiteindelik in 1977 onafhanklikheid van Frankryk gekry en Hassan Gouled Aptidon, 'n Somaliër wat vir die "ja-stem" geveg het in die 1958-referendum, het Djiboeti se eerste president geword (1977–1991).[12]
Voor die burgeroorlog het Mogadisjoe bekend gestaan as die "Wit pêrel" van dieIndiese Oseaan.[14]Terugkerende uitgewekeSomaliërs in Bosaso (2015)
In 1991 is die Barre-administrasie deur 'n opposisie-koalisie van stamverbonde groepe met die hulp van Ethiopië enLibië omver gewerp.[15] Na beraadslaging deur die Somaliese bevrydingsbeweging en die noordelike stamleiers, verklaar die voormalige noordelike Britse gedeelte van die land in Mei 1991 hul onafhanklikheid as Somaliland. Hoewel die de facto onafhanklikheid en relatiewe stabiliteit van die gebied in skrille kontras was teen die stormagtige suide, is Somaliland nooit deur enige buitelandse regering erken nie.[16][17]
Baie van die opposisiegroepe het hierna begin wedywer om beheer van die mag te kry in die vakuum wat ontstaan het nadat Barre tot 'n val gebring is. In die suide het die gewapende faksies van Mohamed Farah Aidid en Ali Mahdi Mohamed, in besonder, met mekaar slaags begin raak vir beheer oor die hoofstad.[18] In 1991 word 'n internasionale konferensie oor Somalië in die naburige Djiboeti gehou. Aidid boikot die eerste vergadering uit protes.[19]
Resolusies 733 en 746 van dieVerenigde Nasies seVeiligheidsraad lei tot die skep van UNOSOM I (VN-operasie in Somalië) met die missie om humanitêre hulp te bied en om wet en orde te help herstel in die land. Op 3 Desember 1992 besluit die VN eenparig dat 'n VN vredesmag onder leiding van dieVerenigde State in die land moet ingryp. Die mag land in 1993 en spits hom veral toe op die suide.[20] Die vredesmag se mandaat was om "alle middele tot hul beskikking" aan te wend om humanitêre hulp aan die land te lewer.[21]
Aidid het die vredesmag as 'n bedreiging vir sy mag gesien en in Junie 1993 val sy burgermag diePakistanse mag in Mogadisjoe aan en 80 lede van die vredesmag sterf. Die aanvalle raak hewiger toe 19 Amerikaanse troepe en 1 000 burgerlikes in die daaropvolgende skermutselings in Oktober 1993 in die hoofstad sterf. Met die toestande nog glad nie onder beheer nie, onttrek die VN-mag op 3 Maart 1993 uit die land.[22][23] Aidid word in Augustus 1996 in Mogadisjoe doodgemaak. Die gewese VN sekretaris-generaal,Boutros Boutros-Ghali en Ahmedou Ould Abdallah, spesiale VN-gesant in Somalië, het die sterftes van burgerlikes in die land as 'n "volksmoord" beskryf.[24][25]
As gevolg van die totale ineenstorting van die regering in Somalië en dieburgeroorlog wat heers, het seerowery in die onbewaakte Indiese Oseaan begin kop uitsteek. Die fenomeen het sy oorsprong by die plaaslike vissermanne wat hul broodwinnig wou beskerm teen die onwettige visvang van buitelandse treilers.[26] In Augustus 2008 vorm 'n multinasionale koalisie 'n maritieme veiligheids-patrolliegebied in die Golf van Aden om die seerowers aan te vat.[27] 'n Maritieme polisiemag is ook later in die Puntland-gebied gestig.[26] Teen Oktober 2012 het die getal seerower-aanvalle vir die eerste keer in ses jaar gedaal na een skip wat aangeval is, in vergelyking met 36 voorvalle in 2011.[28]
Die hawe van BosasoNasa-Satellietbeeld van Somalië
Somalië is amptelik in 18 streke opgedeel wat bekend staan as gobollada, enkelvoud, globol,[2] wat op hul beurt weer in distrikte opgedeel is. Die streke is:
Noord-Somalië is noude facto opgedeel tussen onafhanklike streke soos Puntland (wat homself as 'n onafhanklike staat beskou) en Somaliland ('n selfverklaarde staat, maar verklaarde omstrede gebied). In die sentrale Somalië isGalmudug nog 'n streeksentiteit wat net suid van Puntland opgeduik het.Jubaland in die verre suide is 'n vierde onafhanklike streek binne die federasie.[2][29]
Somalië is begrens deur Djiboeti in die noordweste, Kenia in die suidweste, die Golf van Aden in die noorde, die Indiese Oseaan aan die oostekant en Ethiopië in die weste. Dit is die poort na dieRooisee en dieSuezkanaal. Die land is geleë aan die punt van 'n streek wat, vanweë die feit dat dit soos die horing van 'n renoster lyk, bekend staan as die Horing van Afrika.[2][30]
Somalië het net twee standhoudende riviere, dieJoebarivier en dieSjebellerivier, wat albei sy oorsprong in die Ethiopiese hooglande het. Die twee riviere vloei hoofsaaklik suidwaarts, met die Joebarivier wat in die Indiese Oseaan invloei by Kismajoe. Die Sjebelleriver het eens op 'n tyd by Merca in die see geloop, maar bereik deesdae 'n punt net suidwes van Mogadisjoe. Van daar af bestaan dit uit moerasse en droë gebiede voordat dit eenvoudig in die woestyngebied oos van Jilib, naby die Joebarivier, wegraak.[30]
↑(en) Library Information and Research Service,The Middle East: Abstracts and index, Volume 2, (Library Information and Research Service: 1999), bl. 327.