Sola Scriptura (Latyn vir "deur die Skrif alleen") is die Christelike leer dat dieBybel die hoogste gesag in alle sake van die leer en praktyk is.
Die term dateer uit die tyd van die kerklike reformasie in die16de eeu, toe die hervormers dit in hul stryd teen dieRoomse Kerk gebruik het. Die term stel diepous en die tradisies van die kerk ondergeskik aan die Woord van God. Die Skrif alleen – nie die pous of tradisie nie – word dus as bepalend geag.