Sokker, soms ook genoemassosiasie-voetbal, is 'n spansport wat tussen twee spanne met elk elf spelers gespeel word, en dikwels as die gewildste sportsoort ter wêreld beskou word. Dit is 'n balspel wat op 'n reghoekige grasveld gespeel word. Die doel van die spel is om punte aan te teken deur die bal in die teenstanders se doelhok te skop. Een van die uitstaande kenmerke van die spel is dat geen spelers behalwe diedoelwagter hul hande of arms mag gebruik om die bal te manipuleer nie. Die wenner is die span wat die meeste doele aangeteken het teen die einde van die wedstryd.
Die moderne spel het inEngeland ontwikkel met die vorming van die Football Association, wie se reëls van 1863 die grondslag gelê het vir die manier waarop die sport vandag gespeel word. Sokker word internasionaal gereguleer deurFIFA. Die bekendste internasionale sokkerkompetisie is dieSokker-Wêreldbeker, 'n gewilde toernooi wat deur die meeste mense wêreldwyd dopgehou word.[1]
Die afmetings van 'n sokkerveldDie aanvaller (met die rooi trui) is verby die verdediging (in die wit truie) en is op die punt om 'n skoot na die doel te waag. Die doelwagter sal probeer om te keer dat die bal by die doelhok ingaan'n Doelwagter verhoed 'n naby-skoot van binne in die strafgebied'n Doelwagter duik om te keer dat die bal sy doelhok binnegaan
Sokker word gespeel volgens 'n stel reëls. Die spel word gespeel met 'n ronde bal en twee spanne van elf spelers elk en die twee spanne ding mee om die bal in mekaar se doelhokke in te kry om sodoende 'n doel aan te teken. Die span wat die meeste doele teen die einde van die wedstryd aangeteken het, is die wenner; as beide spanne ewe veel doele aangeteken het, eindig die spel gelykop. Let wel: In sekere toernooie waar daar uitkloprondtes gespeel word, wordekstra tyd enstrafskoppe gebruik om te beslis wie die wenner is na 'n gelykopuitslag.
Die hoofreël is dat die spelers (buiten die doelwagter) nie doelbewus aan die bal mag raak met hul arms of hande tydens spel nie (hulle mag egter hul hande gebruik om 'n bal in te gooi). Alhoewel spelers hoofsaaklik hulle voete gebruik om die bal rond te beweeg, mag hulle enige deel van hulle liggame buiten hul arms en hande gebruik.
Tydens 'n tipiese spel probeer spelers om die bal na hul teenstanders se doelhok te beweeg deur indiwiduele beheer van die bal, soos om dit te dribbel (hardloop met die bal naby die voete), die bal na 'n spanmaat aan te gee en deur skote na die doel te waag wat deur 'n opponerende doelwagter beskerm word. Teenstanders mag probeer om die bal af te neem deur die bal te onderskep of deur die teenstander wat die bal beheer te aanval; die toelaatbare fisiese kontak tussen spelers word egter beperk. Sokker is oor die algemeen 'n vryvloeiende spel met die bal wat ten alle tye in spel is buiten wanneer dit die veld verlaat of wanneer die spel deur dieskeidsregter gestop word.
Op professionele vlak word daar slegs 'n paar doele tydens 'n wedstryd aangeteken. Tydens die 2005/2006-seisoen in die EngelsePremier League is daar byvoorbeeld 'n gemiddeld van 2,48 doele per wedstryd aangeteken.[2]
Die reëls van die spel spesifiseer nie spelerposisies buiten dié van die doelwagter nie, maar 'n aantal posisies het mettertyd ontwikkel. Hulle kan breedweg in drie kategorieë verdeel word:voorspelers (Engels:strikers) wie se hooftaak dit is om doele aan te teken;verdedigers (Engels:defender) wie se hooftaak dit is om te verhoed dat hul teenstanders doele aanteken enmiddelspelers (Engels:midfielders) wat poog om die bal by die teenstanders af te neem en dit na hul eie voorspelers aan te gee.
Daar kan verder tussen hierdie posisies onderskei word deur die kant van die veld waar die speler die meeste tyd spandeer. Daar is byvoorbeeld verdedigende senters asook linker en regtervleuels in die middelveld. Die tien spelers in die veld kan in enige van hierdie posisies gerangskik word (daar kan byvoorbeeld vier verdedigers, vier middelspelers en twee voorspelers of drie verdedigers, twee middelspelers en vier voorspelers wees) en die aantal spelers in elke posisie bepaal die spelpatroon van 'n span; hoe meer voorspelers daar is en hoe minder verdedigers hoe aggressiewer en aanvallend is die spel terwyl die teenoorgestelde opstelling gewoonlik lei tot 'n stadiger meer verdedigende styl. Die rangskikking van spelers op die veld word gewoonlik deur die spanbestuurder bepaal.
'n Episkyros-speler op 'n ou klipsnywerk vanAntieke GriekelandKinders in die China van dieSong-dinastie speelcujuIn die 17de-eeuseFlorence isCalcio Storico, 'n soort sokker gespeelSokkerspeler op 'n muurskildery in Tepantitla nabyTeotihuacán (ca. 6de eeu)
Speletjies wat berus op die skop van 'n bal is in baie lande in die geskiedenis gespeel. Die eerste aangetekende vorm is dieMeso-Amerikaanse balspel wat deur dieOlmeke reeds in 1500 v.C. gespeel is. DieChinese spelcuju word ook in militêre handleidings uit die tydperk van dieQin-dinastie (255–206 v.C) genoem.[3] Ander antieke balspele sluit inkemari uitJapan en dieRomeinse spelHarpastum. Verskeie vorme van voetbal is ook inEuropa tydens dieMiddeleeue gespeel.
Die reëls van sokker soos hulle vandag neergelê is, is gebaseer op pogings sedert die middel van die 19de eeu om die wyd uiteenlopende vorme van die spel te standaardiseer by privaatskole in Engeland. Die eerste stelreëls wat ooreenkomste toon met die moderne spel is by die Trinity College te Cambridge in 1848 tydens 'n vergadering wat bygewoon is deur verteenwoordigers vanEton College, Harrow School, Rugby School, Winchester College en Shrewsbury School aanvaar, maar die reëls was nie universeel aanvaar nie en het baie ander klubs hul eie stelreëls gevolg. Tydens die 1850's is baie klubs regdeur die Engelssprekende wêreld gestig wat nie verbonde was aan skole of universiteite nie. Baie van hiérdie klubs het hulle eie stel reëls saamgestel, soos onder ander dieSheffield Football Club wat in 1857 gestig is[4] en gelei het tot die stigting van 'n sokkervereniging daar in 1867. In 1862 het John Charles Thring van die Uppingham skool in Engeland 'n stel reëls opgestel wat later baie invloed op die spel sou hê.[5]
Hierdie deurlopende pogings het bygedra tot die stigting van die Football Association (die FA) in 1863 wat vir die eerste keer vergader het op 26 Oktober 1863 by 'n vrymesselaarslosie in Londen.[6] Die FA het vyf verdere vergaderings gehou alvorens 'n volledige stel reëls saamgestel is. Op die laaste vergadering het die verteenwoordiger van Blackheath sy klub onttrek uit die FA oor die verwydering van twee voorgestelde reëls, die eerste hiervan het die dra van die bal in die hand toegelaat en die tweede sou die keer van 'n lopie deur 'n teenstander te pootjie of vas te hou toegelaat het. Ander voetbalklubs het ook as gevolg hiervan nie by die FA aangesluit nie en het toe dieRugby Football Union gestig. Die oorblywende klubs onder leiding van Ebenezer Cobb Morley het toe voortgegaan en die oorspronklike dertien reëls bekragtig. Hierdie reëls het die hantering van die bal deur sekere spelers toegelaat en daar was ook nie 'n dwarslat oor die doelhok nie, reëls wat baie ooreengestem het metAustraliese voetbal wat op daardie tydstip inAustralië in ontwikkeling was. DieSheffield Voetbalvereniging het met hulle eie stel reëls bly speel tot die 1870's en het die FA baie van hul reëls ingelyf totdat daar uiteindelik bitter min onderskeid tussen die twee variante van die spel was.
Die reëls van die sport word tans deur dieInternational Football Association Board (IFAB) bestuur. Die raad is in 1886 gestig[7] na 'n vergadering teManchester van dieFootball Association, dieScottish Football Association en dieFootball Association of Wales asook dieIrish Football Association. Die wêreld se oudste sokkertoernooi is dieFA Cup wat deur C.W. Alcock op die been gebring is en Engelse sokkerspanne ding al sedert 1872 om die beker mee. Die eerste amptelike internasionale wedstryd het in 1872 tussenSkotland en Engeland teGlasgow plaasgevind.[8] DieFédération Internationale de Football Association (FIFA) is in1904 inParys gestig. Die toenemende gewildheid van die spel het gelei tot die toelating van FIFA se verteenwoordigers tot IFAB in 1913. Die raad bestaan tans uit vier verteenwoordigers van FIFA en een elk van die vier Britse sokkerverenigings.
Vandag word sokker oral ter wêreld as 'n beroepsport beoefen. Miljoene mense vul die stadions van die wêreld om hulle gunsteling spanne te ondersteun,[9] terwyl miljarde meer die sport op televisie volg.[10] 'n Baie groot aantal mense speel die sport ook op amateursvlak. Volgens 'n FIFA-peiling wat in 2001 gepubliseer is, is daar meer as 240 miljoen mense uit meer as 200 lande wat gereeld sokker speel.[11] Die eenvoudige reëls en minimale toerustingvereistes het ongetwyfeld 'n groot rol gespeel in die verspreiding en groei in die gewildheid van die sport.