Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Soezdal

Koördinate:56°25′N40°27′O / 56.417°N 40.450°O /56.417; 40.450
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Soezdal

Суздаль
Stad
Die koepels van die Katedraal van die Geboorte van Gods Moeder.
Die koepels van die Katedraal van die Geboorte van Gods Moeder.
Vlag van Soezdal
Vlag
Wapen van Soezdal
Wapen
Wladimir-oblast in Rusland
Wladimir-oblast in Rusland
Soezdal is in Wladimir-oblast
Soezdal
Soezdal
Die ligging van die stad Soezdal in Wladimir-oblast
Koördinate:56°25′N40°27′O / 56.417°N 40.450°O /56.417; 40.450
LandVlag van Rusland Rusland
DeelgebiedWladimir-oblast
Stigting1024[2]
Regering
 • TipeMunisispale distrik
 • BurgemeesterLarisa Majorowa[3]
Oppervlak
 • Totaal15 km2 (6 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal9 978[1]
TydsoneUTC+04:00
Skakelkodes49231[4]
Webwerfhttp://www.gorodsuzdal.ru

Soezdal (Russies: Суздаль) is ’n stad inRusland en die administratiewe hoofstad van die distrik Soezdal in dieWladimir-oblast. Dit is aan dieKamenkarivier geleë 26 km noord van die stadWladimir, die administratiewe hoofstad van dieoblast. In 2015 het die stad 9 978 inwoners gehad.[1]

Soezdal is een van die oudste nedersettings in Rusland. In die 12de eeu het dit die hoofstad van die prinsdomRostof-Soezdal geword, metMoskou as een van die ondergeskikte dorpe. Deesdae is Soezdal die kleinste van die stede in dieGoue Ring van Rusland, maar dis is ’n groot trekpleister virtoeriste.[4] Verskeie van sy monumente isUnesco-wêrelderfenisterreine.[5][6]

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]
Soezdal in 1912
Soezdal in die Kerstyd
Watertrem in Soezdal

Die stad se geskiedenis dateer van1024. In1125 hetJoeri Dolgoroeki Soezdal die hoofstad van die prinsdom Rostof-Soezdal gemaak.[7] Soezdal was dus ’n hoofstad toe Moskou nog in sy beginskoene gestaan het.[4] In1157 hetAndrei Bogoljoebski die hoofstad van Soesdal na Wladimir geskuif, en van dié tyd af was die prinsdom bekend asWladimir-Soezdal.

Die stad lê in ’n vrugbarekoringstreek en het ’n handelsentrum gebly selfs ná die inval inKiëf-Roes deur dieMongoolse Ryk. Dit het later metNizjni Nowgorod saamgesmelt totdat albei in1392 deur dieGrootvorstedom Moskou geannekseer is.[7]

Ná ’n afname in Soezdal se politieke belangrikheid het dit ’ngodsdienssentrum geword, met groot ontwikkelingsprojekte wat in die 16de eeu deurWasili III enIwan die Verskriklike aangepak is. In die laat 17de en 18de eeu het ryk handelaars betaal vir 30kerke, wat steeds die stad versier.[7] Daar was in ’n stadium 40 kerke in die stad met 400 families.

In 1864 kon plaaslike handelaars nie die regering oorreed om dieTranssiberiese Spoorlyn deur hul stad te laat loop nie. Dit het deur Wladimir geloop en Soezdal het daardeur nie net die treine misgeloop nie, maar ook die hele 20ste eeu.[4] Verder het Soezdal in1967 die status van ’n beskermde gebied gekry en dit het die ontwikkeling van die stad amptelik beperk.[7] Soezdal het dus in ’n baie lang tydperk nie veel verander nie – sy oulike houthuisies staan tussen die kerke waarvan die goue koepels in die Kamenka weerkaats word.[4]

Vandag is die stad ’n belangrike toerismesentrum vanweë sy talle voorbeelde van ou Russieseargitektuur – die meeste daarvan kerke enkloosters. Al het dit net minder as 10 000 inwoners, het dit sy plaaslike voorkoms behou, met tallestrome engrasvelde.Hoenders envee is ’n algemene gesig in die strate, waarvan sommige nie geteer is nie. HierdieMiddeleeuse voorkoms gee aan Soezdal ’n prentjiemooi sjarme; in die somer isskilders en hulesels ’n algemene gesig.[8]

Kerke en kloosters

[wysig |wysig bron]
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,1"Численность населения Российской Федерации по муниципальным образованиям на 1 января 2015 года" [Bevolking van die Russiese Federasie in 2015](rar).Webtuiste van die Russiese statistiekdiens (in Russies).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020.
  2. "Характеристика города Суздаль" [Karaktertrekke van die stad Soezdal].Amtelike webtuiste van Soezdal (in Russies). Besoek op16 Januarie 2016.[dooie skakel]
  3. "Глава города Суздаля" [Leier van die stad Soezdal].Amptelike webtuiste van Soezdal (in Russies).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2020. Besoek op20 September 2016.
  4. 4,04,14,24,34,4Ragozin, Leonid (Maart 2015). "Suzdal". Russia (7). Lonely Planet. ISBN 978-1-74220-733-9. 
  5. "White Monuments of Vladimir and Suzdal" (in Engels).Unesco/World Heritage Convention.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2017. Besoek op17 September 2018.
  6. "World Heritage List No.633 Vladimir/Suzdal. ICOMOS Evaluation"(PDF) (in Engels). Unesco/World Heritage Convention. Oktober 1992.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 18 Augustus 2016.
  7. 7,07,17,27,3Vorhees, Mara (2006). "Suzdal". Russia & Belarus (4). Lonely Planet. ISBN 1-74104-291-7. 
  8. Luxmoore, Matthew (1 Julie 2012)."Suzdal".The Moscow Times (in Engels). Geargiveer vanafdie oorspronklike op 20 Mei 2016. Besoek op18 Januarie 2016.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Soezdal&oldid=2512849"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp