Surya ofSoerja (Sanskrit: सूर्य,Sūrya) is ’n Sanskrit-woord wat "son" beteken.[2] Sinonieme in antiekeIndieseletterkunde sluit in Aditya, Arka, Bhanu, Savitr, Pushan, Ravi, Martanda, Mitra, Bhaskara, Prabhakara en Vivasvan.[3][4]
Surya is ook die naam van die songodin inHindoeïsme,[2] veral in die Saura-tradisie van sommige Indiese deelstate. Surya is een van die belangrikstegode in Hindoeïsme en word inSmartisme beskou as ’n ekwivalente aspekte vanBrahman en die middel om dit te bereik.[5] Die godin word dikwels uitgebeeld op ’nstrydwa wat deurperde getrek word – gewoonlik sewe,[1] wat die sewe kleure vansigbare lig en sewe dae van dieweek verteenwoordig.[2][6]
Surya het dalk langer as ’n primêre godin in Hindoeïsme oorleef as enige van die ander oorspronklikeVediese gode buitenVishnu enShiva, maar haar aanbidding het omstreeks die 13de eeu aansienlik afgeneem, dalk weens dieMoslemse verowering van Noord-Indië. Feitlik geen nuwe tempels vir haar is gebou nie en sommige is later omskep in tempels vir ander gode, veral Shiva. ’n Paar belangrike Surya-tempels is oor, maar hulle word nie meer vir aanbidding gebruik nie. Sy het in ’n sekere opsig versmelt met Vishnu of Shiva, of word beskou as aanvullend tot hulle.[13]
↑Shimkhada, Deepak (1984). "The Masquerading Sun: A Unique Syncretic Image in Nepal".Artibus Asiae.45 (2/3): 223–229.doi:10.2307/3249732.JSTOR3249732.
↑T. Richard Blurton (1993).Hindu Art. Harvard University Press. p. 118.ISBN978-0-674-39189-5.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Junie 2020. Besoek op26 September 2016.
↑Pathak, Ratnesh K., Humes, Cynthia Ann, "Lolark Kund: Sun and Shiva Worship in the City of Light", inLiving Banaras: Hindu Religion in Cultural Context, Eds. Bradley R. Hertel, Cynthia Ann Humes, pp. 206-211, 1993, SUNY Press,ISBN 0791413314, 9780791413319,google booksGeargiveer 11 Oktober 2020 opWayback Machine