Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Soenda-eilande

Koördinate:2°00′S110°00′O / 2.000°S 110.000°O /-2.000; 110.000
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Soenda-eilande
Inheemse naam: Kepulauan Sunda
Ligging van die Soenda-eilande
Ligging van die Soenda-eilande
Geografie

LiggingSuidoos-Asië
Koördinate2°00′S110°00′O / 2.000°S 110.000°O /-2.000; 110.000
ArgipelMaleise argipel

HoofeilandeBorneo,Java,Soelawesi,Soematra
Oppervlakte1 536 286vk km
Hoogste puntBerg Kinabalu 4 095 m
Administrasie
Vlag van Broenei Broenei

HoofstadBandar Seri Begawan
Grootste stadBandar Seri Begawan (50 000)

Vlag van Indonesië Indonesië
HoofstadDjakarta
Grootste stadDjakarta (9 607 787)

Vlag van Maleisië Maleisië
HoofstadKuala Lumpur
grootste stadKuala Lumpur (1 768 000)

Vlag van Oos-Timor Oos-Timor
HoofstadDili
grootste stadDili (222 323)

Vlag van Singapoer Singapoer
HoofstadSingapoer
grootste stadSingapoer (5 607 300)

Demografie
Bevolking252 miljoen

BevolkingsgroepeHakka,Han-Chinese,Javane,Maleiers,Soendanese,Tamils

DieSoenda-eilande (Indonesies enMaleis:Kepulauan Sunda) is 'nargipel inSuidoos-Asië wat vanaf dieMaleise Skiereiland in die noordweste totNieu-Guinee in die ooste enTaiwan in die noorde tot diekontinent Australië in die suidooste langs dieewenaar streek. Die argipel bestaan uit vier groot en duisende kleiner eilande en word deur 'n tropiese klimaat gekenmerk. Saam met dieFilippynse eilande en dieMolukke vorm die Soenda-eilande dieMaleise argipel. Die grootste van die Soenda-eilande isBorneo met 'n oppervlakte van 743 330 km², terwylJava met 'n bevolking van sowat 145 miljoen die mees bevolkte is. Java word ook as belangrikste van die vier Soenda-eilande beskou, aangesien hier die Indonesiese hoofstadDjakarta en ander groot stede lê.

Geografiese kaart van dieMaleise argipel, bestaande uit dieGroot Soenda-eilande (rooi),Klein-Soenda-eilande (groen),Molukke (blou) enFilippyne (magenta)

Die Soenda-eilande word begrens deur dieIndiese Oseaan in die suide en weste, dieSuid-Chinese See in die noorde, dieSulu- enCelebesseë in die noordooste, dieMolukke- enBandaseë in die ooste asook dieTimorsee in die suidooste. Belangrike seë binne die argipel sluit in dieJava-,Bali-,Flores- enSavuseë wat almal in die suide van die Soenda-eilande geleë is.

Die grootste deel van die Soenda-eilande word deur dieeilandnasieIndonesië beslaan. Die grootste deel van Borneo se kus langs die Suid-Chinese See vorm die oostelike deel vanMaleisië met die kleineksklaweBroenei tussenin, terwyl die oorblywende deel van dié eiland tot Indonesië behoort. Aan die suidoostelike einde van die Straat van Malakka is die stadstaatSingapoer geleë. Die oostelike deel van die klein eilandTimor word deurOos-Timor beslaan, terwyl die westelike deel aan die Indonesiese provinsie Oos-Nusa Tenggara behoort.

Op die Soenda-eilande word veralMaleis-Polinesiese tale gepraat, net op die oostelike eilande word ookPapoeastale gebesig.Islam is die belangrikste godsdiens, veral in die drie lande Broenei, Indonesië en Maleisië; Oos-Timor is 'n hoofsaaklikRooms-Katolieke land, terwyl Singapoer oor 'n gemengde bevolking beskik. Kleiner eilande soosBali enLombok beskik oor 'n aansienlike bevolking vanHindoes enBoeddhiste.

Geografie

[wysig |wysig bron]

Die argipel bestaan uit die volgende eilandgroepe:

Groot Soenda-eilandeBorneo,Java,Soelawesi,Soematra
Klein-Soenda-eilandeonder andereBali,Flores,Lombok,Soemba,Soembawa enTimor

Lande

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Soenda-eilande&oldid=2639069"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp