Nasa-Satellietbeeld van SoedanKaart van Soedan enDarfoer
Soedan beslaan 'n oppervlakte van 1886068km² en het in 2021 'n bevolking van 44909353 gehad. Op 9 Julie 2011 verklaar Suid-Soedan sy onafhanklikheid van Soedan; voor dit was Soedan volgens oppervlakte die grootste land van Afrika. DieNylrivier vloei in 'n noordelike rigting deur die land, wat deur die samevloeiing van dieBlou Nyl en dieWit Nyl in die metropolitaanse gebied van Khartoem-Omdoerman-Bahri gevorm word.
Die idee van 'n "Soedanese" nasionalisme het sy oorsprong in die 1930's en 1940's, toe dit deur jong intellektuele gewild gemaak is.[8]
Die vorige regering van Soedan onder presidentOmar al-Bashir is gereeld vir symenseregskendings teenoor etniese en religieuse minderhede gekritiseer. Hy word deur dieInternasionale Strafhof weens oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom gesoek.[9]
Die naam "Soedan" is afgelei van die geografiese gebiedSoedan, wat suid van dieSahara vanWes- tot Oos-Sentraal-Afrika strek. Dit is afkomstig van die Arabiesebilād as-sūdān (بلاد السودان) en beteken "land van dieswartes", 'n uitdrukking wat ná Wes- en Noord-Sentraal-Afrika verwys.[10] Dié term is gebruik deur Arabiese handelaars en reisigers in die streek om na die verskeie inheemse swart Afrikakulture en samelewings wat hulle teëgekom het te verwys.[11]
Die naam is een van verskeie toponieme wat soortgelykeetimologieë deel, met die uiteindelike betekenis "land van die swartes" of soortgelyke betekenisse, met verwysing na die donker vel van die inwoners. Oorspronklik het die term Soedanese 'n negatiewe konnotasie in die gearabisierde Soedan gehad weens sy verband met swart slawe uit Afrika.
Vanweë sy enorme afmetinge strek die land oor verskillendeklimaatstreke. Noordwaarts neem diereënval vir elke breedtegraad met 100mm per jaar af en word die droë tye langer, maar in die suide lê 'n deel van Soedan nog binne die tropiese reënwoudgebied – die neerslag is daar tot 1600mm per jaar. Noord van die reënwoudstreek is 'n uitgestrekte savanne- en steppegebied met kleibodems wat deur afsettings van die Nyl gevorm word.
Die gebied, wat tussen 400 en 1400mm reën per jaar kry, bevat die vrugbaarste grond in Afrika en die moerasse wat hier deur die sytakke van dieWit Nyl gevorm word, is ook die uitgestrekste ter wêreld. Sentraal-Soedan lê in dieSahelgebied en is 'n golwende, sanderige steppegebied met 'n gemiddelde reënval van 200mm per jaar – die noordelike rand word weens oorbeweiding in 'n tempo van 5km per jaar deur die Noord-Soedannese woestyne ingeneem.
Die woestyne vorm deel van die suidoostelike Sahara, naamlik die Libiese Woestyn (wes), die Nubiese Woestyn (oos) en die Bajoeda-woestyn (noord van Khartoem) en is uiters warm gebiede sonder plantegroei met 'n skrale reënval van 75mm per jaar. Soedan se belangrikste topografiese aspek is die Nyl. Die rivier speel in Soedan selfs ’n belangriker rol as in Egipte, wat verder stroomaf geleë is.
Die Mahdiste-oorlog is geveg tussen 'n groepMoslem-derwyne, Mahdiste genoem, wat 'n groot deel van Soedan oorgeneem het, en die Britse magteVlag van Soedan, 1956 tot 1970
Die belangrikste gebiede in Soedan was teen die 16de eeu v.C. onder die koloniale bewind van Egipte, wat reeds in ongeveer 3000 v.C. sy invloed in die land laat geld het.
Die Noord-Soedannese het Egipte in die 8ste en 7de eeu v.C. verower en in omstreeks 500 n.C. het dieNubiërs dieChristendom in drie noordelike Soedannese koninkryke aangeneem – hulle het later geleidelik gearabiseer.
Nadat Egipte in 1820/21 weer groot dele van Noord-Soedan beset het, het 'n tydperk van ernstige koloniale uitbuiting (slawehandel) gevolg. Pogings om die slawejag en -handel te beëindig, is onder leiding van 'n Engelse goewerneurgeneraal wat in 1877 in Soedan aangestel is, aangewend, maar dit het gelei tot 'n opstand onder leiding van 'n religieuse leier, die Mahdi.
Die Anglo-Egiptiese troepe moes Khartoem in 1885 aan die Mahdiste afstaan en Anglo-Egiptiese bestuur is eers weer in 1898 deur lordHoratio Herbert Kitchener (1850–1916) herstel. Die Egiptiese troepe is in 1924 – na die moord op 'n oud-goewerneur-generaal in Khartoem en op aandrang van die Britte – teruggetrek.
Soedan het in 1955 onder leiding van Ismail el Azhari onafhanklik geword, maar herinnerings aan die slawejag het wantroue van die suide teenoor die noorde tot gevolg gehad, en 'nburgeroorlog wat 17 jaar lank geduur het, het ontstaan. Duisende Soedannese het na die omliggende lande gevlug en ongeveer 'n halfmiljoen mense het gesterf voordat die drie suidelike provinsies Bahr el Ghazal, Bo-Nyl en Equatoria in 1972 onafhanklik geword het.
Na Soedan se onafhanklikwording in 1955 het verskeie staatsgrepe gevolg. Kol. Jaafar el Numeiry, wat in Mei 1969 die Demokratiese Republiek Soedan uitgeroep het, het daarin geslaag om twee staatsgrepe af te weer, onder meer vanweë sy aansien omdat hy die burgeroorlog in 1972 beëindig het.
Numeiry se versoenende houding teenoor die Mahdiste, wat nalewing van dieKoran nastreef, het ook daartoe gelei datSaoedi-Arabië enKoeweit bereid was om die grootskaalselandbouprojekte te finansier. Soedan kon daardeur 20 jaar na sy onafhanklikwording uiteindelik met die opbou van die land begin.
↑(en)International Association for the History of Religions(1959),Numen,Leiden:EJ Brill,p.131,"West Africa may be taken as the country stretching from Senegal in the West, to the Cameroons in the East; sometimes it has been called the central and western Sudan, theBilad as-Sūdan, 'Land of the Blacks', of the Arabs"