Soechoemi is 'n stad in 'n wye baai aan dieSwartsee se oostelike kus. Dit is beide die hoofstad en grootste stad van die Republiek Abchasië, wat dit sedert die Abchasië-oorlog in 1992–93 beheer. Abchasië word egter internasionaal as deel van Georgië beskou. Die stad, wat 'n lughawe het, is 'n hawe, groot spooraansluiting en 'n vakansieoord vanweë sy strande, sanatoriums, mineraalwater-spa's en semitropieseklimaat. Dit is ook 'n lid van die Internasionale Swartseeklub.[2]
Soechoemi se vesting in die 1830'sSoechoemi in 1912. Vroeë kleurfoto deur Sergei Prokudin-Gorskii
Soechoemi se geskiedenis kan teruggevoer word na die6de eeu v.C., toe dit deurGrieke gevestig is, wat ditDioscurias genoem het. Gedurende hierdie tyd en die daaropvolgendeRomeinse tydperk het 'n groot deel van die stad onder die Swartsee verdwyn. Die stad isTskhumi genoem toe dit deel geword het van die Koninkryk Abchasië en toe die Koninkryk Georgië. Dit is deur plaaslike prinse betwis en het in die 1570's deel van dieOttomaanse Ryk geword, wat so gebly het totdat dit in 1810 deur dieRussiese Ryk verower is.
Na 'n tydperk van konflik tydens dieRussiese Burgeroorlog, het dit in 1918 deel geword van die onafhanklike Georgië, wat Abchasië ingesluit het.[3] In 1921 is die Demokratiese Republiek Georgië deur Sowjet-bolsjewistiese magte uit Rusland beset. Binne dieSowjetunie is dit as 'n vakansieoord beskou. Die huidige bevolking van 65 000 is slegs die helfte van die bevolking wat teen die einde van die Sowjet-heerskappy daar gewoon het.
Toe die Sowjetunie in die vroeë 1990's opgebreek het, het die stad aansienlike skade gely tydens die Abchasies-Georgiese konflik. Tydens dié oorlog het die stad en sy omgewing byna daagliks onder lugaanvalle enartilleriebestoking gely, met swaar burgerlike ongevalle. Op 27 September 1993 is die stryd om Soechoemi afgesluit deur ’n volskaalse veldtog van etniese suiwering teen sy meerderheid Georgiese bevolking, insluitend lede van die pro-Georgiese Abchasiese regering (Zhiuli Sjartawa, Raul Esjba en andere) en dieburgemeester van Soechoemi, Goeram Gabiskiria.
Alhoewel die stad tans relatief vreedsaam en gedeeltelik herbou is, ly dit steeds onder die nagevolge van die oorlog, en het dit nie sy vroeëre etniese diversiteit herwin nie. ’n Relatief groot infrastruktuurheropbouprogram is in 2019–2020 van stapel gestuur wat fokus op die opknapping van die waterfront, die herbou van stadspaaie en die skoonmaak van stadsparke.
Die bevolking was 65 716 in 2017, vergeleke met ongeveer 120 000 in 1989. Gedurende die somervakansieseisoen verdubbel en verdriedubbel sy bevolking gewoonlik met ’n groot invloei van internasionale toeriste.[4]