DieSlag van Gallipoli het tussen25 April1915 en9 Januarie1916 tydens dieEerste Wêreldoorlog plaasgevind op dieGallipoli-skiereiland inTurkye. Britse en Franse magte het gesamentlik 'n operasie van stapel gestuur om die Ottomaanse hoofstad,Konstantinopel, oor te neem en sodoende 'n seeroete naRusland te waarborg. Dit sou voorrade na die Russiese magte aan die oosfront verseker en die Duitsers aan daardie front onder groot druk plaas. Die poging het egter misluk en tot swaar verliese aan albei kante gelei.
Die Gallipoli-veldtog het 'n beduidende uitwerking op al die nasies gehad. In Turkye word die veldslag beskou as 'n vormende oomblik in die geskiedenis van die Turkse nasie, 'n laaste oplewing toe die eeue oueOttomaanse Ryk aan die verkrummel was. Die stryd het die grondslag gelê vir die Turkse onafhanklikheidsoorlog en die Turkse republiek agt jaar daarna onder leiding vanAtatürk, wat ook 'n bevelvoerder was by Gallipoli. Die veldtog was ook die eerste groot veldslag waaraan dieAustraliese en Nieu-Seelandse Leërkorps deelgeneem het en word dikwels beskou as die beginpunt van 'n nasionale bewustheid in albei lande. Vandag isAnzac-dag, wat die ongevalle in die veldslag herdenk, een van die belangrikste herdenkingsdae inAustralië enNieu-Seeland.
DieGeallieerde magte was ywerig om 'n voorsieningsroete naRusland te open aangesien 'n verhoogde aanslag aan die oosfront die druk aan die wesfront sou verlig. DieDuitse Ryk enOostenryk-Hongarye het Rusland se handelsroetes naEuropa oor land afgesny en daar was geen maklike seeroete beskikbaar nie. DieWitsee in die noorde en dieSee van Ochotsk in die Verre-Ooste was ver van die oosfront geleë en dikwels bevrore. DieOossee was geblokkeer deur die Duitse vloot. Die enigste toegang tot dieSwartsee was deur dieBosporus, wat onder beheer van die Ottomaanse Ryk was. Toe die Ottomaanse Ryk in Oktober 1914 by dieSentrale Moondhede aansluit, kon Rusland nie meer van dieMiddellandse See van voorrade voorsien word nie.
Laat in 1914 het gevegte aan die wesfront inFrankryk enBelgië 'n dooie punt bereik. Die Geallieerdes het ook gehoop dat 'n aanval op die Ottomaanse rykBulgarye enGriekeland in die oorlog sou betrek aan die Geallieerdes se kant. 'n Vroeëre voorstel om Griekse troepe te gebruik om die Gallipoli-skiereiland in te val, is deur Rusland afgekeur omdat gevoel is dat Rusland se Slawiese bondgenote bedreig sou voel deur die uitbreiding van Griekse mag en invloed.
Die Franse minister van justisie, Aristide Briand, het in November 1914 'n voorstel gedoen om Turkye aan te val, maar dit het nie steun geniet nie. Britse pogings om die Turke om te koop om aan die Geallieerde kant aan te sluit was onsuksesvol.[1] Later in dieselfde maand hetWinston Churchill, wat toe hoof van dieBritse Vloot was, 'n see-aanval op dieDardanelles voorgestel. Aanvanklik sou dit deur slegs die Britse vloot uitgevoer word met net 'n klein aantal troepe verbonde aan die aanvalsmag. Die plan is deur John Fisher, 'n hoë vlootoffisier, teengestaan wat eerder 'n direkte see-inval op die noordkus van Duitsland voorgestaan het, maar Churchill se plan is uiteindelik aanvaar.[2]
- ↑Strachan, Hew (2004) The First World War, bl 115
- ↑Andrew Marr se reeks, The Making of Modern Britain, Episode 3.