Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Slag van Duinkerken

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Slag van Duinkerken
Deel vanTweede Wêreldoorlog

Britse soldate skiet op 'n vliegtuig, terwyl die soldate in die agtergrond dekking soek
Datum27 Mei1940 -4 Junie 1940
LiggingDuinkerken,Frankryk
ResultaatDuitse oorwinning
Strydende partye
Vlag van Frankryk Frankryk
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Vlag van België België
Vlag van Nederland Nederland
Vlag van Nazi-Duitsland Nazi-Duitsland
Bevelvoerders
Lord Gort
Maxime Weygand
Gerd von Rundstedt (Leër Groep A)
Ewald von Kleist (pantsergroepe)
Sterkte
400 000800 000
Ongevalle
68 000 dood en gewond, 34 000 gevange geneem, 6 torpedojagers, 200+ klein gevegsbote, 177 vliegtuie20 000 dood en gewond, 100 tenks, 132 vliegtuie

DieSlag van Duinkerken (Frans:Bataille de Dunkerque) was 'n militêre operasie tydens dieTweede Wêreldoorlog wat vanaf27 Mei tot4 Junie1940 in die Noord-Franse stadDuinkerken uitgevoer is. Duitse gepantserde troepe het naCalais opruk en diegeallieerde magte in twee verdeel. Die spoed waarteen dieDuitsers beweeg het, het die Britse en Franse bevelvoerders onkant betrap. Die noordelike groep het na Duinkerken teruggeval.

Agtergrond

[wysig |wysig bron]

Na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het Brittanje 'n mag, dieBritish Expeditionary Force, naFrankryk gestuur. Die Geallieerdes het verwag dat die Duitsers deurLuik en Namur sou aanval soos tydens dieEerste Wêreldoorlog, 'n area wat perfek was virtenk oorlogvoering. GeneraalErich von Manstein het egter 'n ander plan beraam en laat die Duitse Magte oor 'n nou linie aanval deur die digbeboste en heuwelagtigeArdenne. Die Franse het verkeerdelik gedink dat die area onbegaanbaar was vir tenks.

Duitse aanslag

[wysig |wysig bron]

Op 10 Mei ruk VeldmaarskalkGerd von Rundstedt op met 1 500 000 man en 1 500 tenks, twee-derdes van die Duitse magte in die weste teen die swaks-verdedigde gedeelte van die Franse grens. Die aanval was briljant beplan; die Duitse magte ruk op deurLuxemburg en voltooi die dertig myl na dieBelgiese grens in net drie ure.

'n Ander mag ruk op deur die Ardenne en bereik die Franse grens in minder as drie dae en kruis die grens op 12 Mei. Dieinfanterie volg deur paaie in die woud en is slegs een dag na die tenks by dieMeuse. Die gebied was swak verdedig.

Op 13 Mei was die Franse verdediging suid van die Meuse uitgewis deur Duitsebomwerpers en die infanterie kruis die rivier in bote bySedan; die plek waar die Franse magte verloor het tydens dieFrans-Duitse Oorlog in 1870. Die Duitse mag het 1 000vliegtuie tot hul beskikking gehad teen slegs 'n paar van die Franse mag. Op 14 Mei steek die Duitse tenks die Meuse oor en op 15 Mei stort die Franse verdediging in duie. Daar was verwag dat die DuitsersParys binne twee dae sal bereik.

Die volgende dag ruk die Duitsers egter op na die weste en lê 50 myl af oor oop terrein. Die Duitse bevelvoerders was bang dat hulle vinnige vordering hul kwesbaar sou maak. 'n Kleiner Duitse Mag wat deur Luik opgeruk het, voeg hulle by die Duitse magte met die gevolg dat die Franse verdediging weereens in duie stort. Die Duitse Magte bereikAmiens op 19 Mei, op 20 Mei is hulle in Abbeville en teen 20 Mei draai hulle noord en ruk op na Duinkerken en Calais.

Geallieerde nagmerrie

[wysig |wysig bron]
Die DuitseBlitzkrieg-offensief in Mei 1940.

Die Geallieerdes se verrassing was volkome. Hulle verwagting was dat die Duitsers deur België sou aanval tot teen die kus en dan suidwaarts draai, soos in die Eerste Wêreldoorlog. In stede daarvan, het die Duitsers suidwaarts deur Frankryk beweeg en toe wes en noord gedraai. Hierdie beweging was bekend as dieSichelschitt, (Afr.: Sekelslag) en het alle kommunikasie tussen die Geallieerde magte in die noorde en die suide verbreek. Die Geallieerde magte in België het nou die gevaar geloop om omsingel te word. Teen 19 Mei het die Britse bevelvoerder, die veldmaarskalk Viscount Gort, dit reeds oorweeg om sy mag te onttrek via die see. Die Britse regering het egter geweier omrede hulle hul alliansie met Frankryk wou bewys en het meer aksie gevra. Gort loods dus 'n teenaanval suidwaarts vanafArras teen die Duitsers se regter flank met die hoop om sy pad oop te veg tot by die Geallieerdes in die suide.

Teen dié tyd het die hoofdeel van die Duitse magte reeds Boulogne en Calais verower en Duinkerken was die enigste hawe langs dieEngelse Kanaal wat nog onder Britse beheer was. Die Geallieerdes het hulle verdedigingslinies langs dieCanal d'Aire net buite Duinkerken gebou. Op 24 Mei het die Duitsers hulle aanval begin maar toe die nuus van Gort se teenaanval hulle bereik, het hulle dié aanval gestaak - opHitler se bevel. Gort se aanval was presies waarvoor hulle bang was.

Tot op dié stadium het dieLuftwaffe totale beheer in die lug gehad maar soos hulle die kus genader het, het dieBritse Lugmag die Duitsers voortdurend begin aanval.Hermann Göring het egter Hitler beloof dat hy die hawe by Duinkerken kan neutraliseer met dieLuftwaffe alleen.

Gort se teenaanval het egter tot stilstand gekom, omrede sy brandstof en ammunisie opgeraak het, en op 25 Mei beveel hy sy mag om terug te val tot by Duinkerken. Omrede Gort nou nie meer 'n bedreiging vir Hitler was nie, beveel hy sy magte om die aanval op Duinkerken voort te sit.

Die tydperk wat die Duitse magte gewag het, het die Geallieerdes gebruik om hulle verdediging te versterk. Die Duitsers het geweldige weerstand ondervind, soveel so dat Hitler hulle beveel het om die aanval te staak op 24 Mei. Hitler en Von Rundstedt besluit om sy tenks te bewaar vir aksie teen die Franse magte in die Suide.

OperasieDynamo

[wysig |wysig bron]

Die Britse regering besluit om hulle mag te onttrek uit Frankryk en te red wat nog te redde is.Winston Churchill gee opdrag aan Admiraal Bertram Ramsey om planne te beraam om die mag te onttrek. Bertram versamel binne 'n kort tyd 850 bote van alle tipes en dieBritse Vloot onttrek 39torpedojaers uit dieAtlantiese Oseaan wat besig was met konvooidiens. Om 18:57 op 26 Mei beginOperasie Dynamo in alle erns.

Dieselfde aand gee Hitler opdrag dat sy magte die aanval teen Duinkerken hervat. Met die Britse mag wat terugtrek uit Duinkerken het dit net die Belgiese weermag gelaat om teen die Duitsers te veg. Op 27 Mei is die Belgiese weermag oorrompel enKoning Leopold III gee onvoorwaardelik oor.

Op 27–28 Mei word slegs 25 437 soldate ontruim uit Duinkerken. Met die oorgawe van België het dieLuftwaffe die hawe by Duinkerken gou uit aksie gestel maar hulle kon nie die Britse mag neutraliseer soos Göring voorspel het nie danksy die dekking van die Britse Lugmag.

Op 29 Mei was 47 310 soldate ontruim en op 30 Mei 120 000 soldate - insluitend 600 Franse. Op 31 Mei gee Gort beheer aan generaal Harold Alexander oor en 'n verdere 150 000 soldate (insluitend 15 000 Franse) word ontruim.

Op 1 Junie handig die Britte die verdediging van Duikerken oor aan die Franse XVI Korps onder bevel van generaal Fagalde. Hy slaag daarin om die Duitsers terug te hou tot 4 Junie. Fagalde en 40 000 Franse word gevangene geneem, tog is altesaam 113 000 Franse soldate ontruim.

OperasieDynamo het agt dae geduur en altesaam 338 226 soldate is ontruim waarvan twee-derdes Britte was. Die Britte het egter al hulle toerusting agter gelaat wat in Duitse hande geval het. Dit sluit in 1 200 veldkanonne, 1 250 lugafweer- en anti-tenkkanonne, 11 000masjiengewere en 75 000 voertuie. Ses van die torpedojaers is gekelder en 19 beskadig.

Daar was ook nog 22 000 soldate uit Cherbourg,Saint-Malo,Brest enSaint-Nazaire in die noordweste van Frankryk ontruim, in totaal dus 560 000 Geallieerde soldate ontruim. Die Duitsers het egter binne drie weke meer as 1 212 000 Nederlandse, Belgiese, Franse en Britse soldate krygsgevange geneem. Verder was daar 10 252 gesneuweldes, 42 523 gewondes en 8 467 soldate vermis.

Bron

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Normdata: NasionaalEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Slag_van_Duinkerken&oldid=2876056"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp