Skyfwerp, ook bekend asdiskusgooi, is 'n baan- en velditem waar 'natleet 'n swaar skyf gooi —'n diskus genoem— om 'n beter afstand as hul mededingers te bereik. Dit is 'n klassieke sportsoort, soos getoon word deur die MyronstandbeeldDiscobolus gedurende die5de eeu v.C..
Alhoewel dit nie deel is van die moderne sewekamp nie, was dit een van die items in die antiekeOlimpiese Spele se sewekamp, wat terugdateer na708 v.C.[1]. Dit is wel deel van die moderne tienkamp.