|
Algemeen |
---|
Naam,Simbool,Getal | Skandium, Sc, 21 |
Chemiese reeks | oorgangsmetale |
Groep,Periode,Blok | 3,4 ,d |
Digtheid,Hardheid | 2985kg/m3 , onb. |
Voorkoms | silwerig-wit
 |
Atoomeienskappe |
---|
Atoomgewig | 44.955910ame |
Atoomradius (ber.) | 160 (184)pm |
Kovalente radius | 144 pm |
Vanderwaalsradius | geen inligting |
Elektronkonfigurasie | [Ar]3d1 4s2 |
e− e perenergievlak | 2, 8, 9, 2 |
Oksidasietoestande (Oksied) | 3 (swakbasis |
Kristalstruktuur | Heksagonaal |
Strukturbericht-kode | A3 |
Fisiese eienskappe |
---|
Toestand van materie | vastestof |
Smeltpunt | 1814K (841.85 °C) |
Kookpunt | 3103 K (1483.85 °C) |
Molêre volume | 15.00×10−6m3/mol |
Verdampingswarmte | 314.2kJ/mol |
Smeltingswarmte | 14.1 kJ/mol |
Dampdruk | 22.1Pa teen 1812 K |
Spoed van klank | geen data |
Diverse |
---|
Elektronegatiwiteit | 1.36 (Pauling skaal) |
Spesifieke warmtekapasiteit | 568J/(kg*K) |
Elektriese geleidingsvermoë | 1.77 106/(m·ohm) |
Termiese geleidingsvermoë | 15.8W/(m*K) |
1steionisasiepotensiaal | 633.1 kJ/mol |
2de ionisasiepotensiaal | 1235.0 kJ/mol |
3de ionisasiepotensiaal | 2388.6 kJ/mol |
4de ionisasiepotensiaal | 7090.6 kJ/mol |
5de ionisasiepotensiaal | 8843 kJ/mol |
6de ionisasiepotensiaal | 10679 kJ/mol |
7de ionisasiepotensiaal | 13310 kJ/mol |
8ste ionisasiepotensiaal | 15250 kJ/mol |
9de ionisasiepotensiaal | 17370 kJ/mol |
10de ionisasiepotensiaal | 21726 kJ/mol |
Mees stabiele isotope |
---|
|
SI eenhede &STD word gebruik tensy anders vermeld. |
---|
Skandium is 'nchemiese element in dieperiodieke tabel met die simboolSc enatoomgetal van 21. Skandium is 'n sagte, silwerwitoorgangselement en kom in skaars minerale inSkandinawië voor en word soms saam metYttrium en dielantaniede as 'nseldsame aarde geklassifiseer.
Skandium is 'n seldsame, sagte silwerige, trivalente, ligtemetaalagtige element wat 'n effense gelerige of pienk skynsel ontwikkel wanneer dit aan lug blootgestel word. Hierdie element stem baie ooreen met yttrium en seldsameaard-metale en minder metaluminium entitaan (wat nader aan dit op die periodieke tabel verskyn). Die mees algemeneoksidasietoestand van skandium is +3 en die metaal word nie aangeval deur 'n 1:1HNO3 en 48 % HF mengsel nie.
Ongeveer 20 kg (as Sc2O3) skandium word jaarliks in dieVerenigde State verbruik om hoë-intensiteit lampe te vervaardig. Skandiumjodied wat bykwikdamplampe gevoeg word skep 'n hoogs doeltreffende kunsmatige ligbron wat na aan sonlig lyk en sodoende 'n getroue kleuroordrag metTV-kameras lewer. Ongeveer 80 kg skandium word jaarliks wêreldwyd in gloeilampe gebruik. Dieradio-aktiewe isotoop Sc-46 word inraffinadery krakers as 'nspoormiddel gebruik. Die hoof toepassing op 'n volume basis beskou is vir aluminium-skandiumlegerings vir die lugvaartnywerheid en vir sport-toerusting (fietse, bofbalkolwe ens.) wat staatmaak op hoë werkverrigting materiale. Wanneer skandium by aluminium gevoeg word verbeter dit die sterkte (beide by kamer en verhoogde temperature), die smeebaarheid, die verouderingseienskappe en veroorsaak dit 'n fyner grein deur die vorming van die Al3Sc fase. Verder verminder dit stollingskraking tydens sweis van hoë sterkte Al-legerings.
Dmitri Mendelejef het syperiodiese wet, in1869, gebruik om van die eienskappe van drie onbekende elemente te voorspel insluitende een wat hyekaboor genoem het.
Lars Frederick Nilson en sy span, het skynbaar onbewus van daardie voorspellings na 'nseldsame aard metale gesoek in1879; deur gebruik te maak van spektrum analise het hy'n nuwe element ontdek in die mineraleeuxeniet engodoliniet. Hy het dit Skandium genoem vanaf dieScandia, dieLatynse benaming virSkandinawië en deur ongeveer 10kilogram euxeniet saam met ander seldsame-aardes te verwerk het hy ongeveer 2gram baie suiwerskandiumoksied (Sc2O3) voorberei.
Per Teodor Cleve het die gevolgtrekking gemaak dat skandium goed met die voorspelde ekaboor ooreenkom en Mendelejef in Augustus daarvan in kennis gestel.
Metallieke skandium is vir die eerste keer in1937 met behulp vanelektrolise van 'n gesmelteeutektiese mengsel bestaande uitkalium,litium enskandiumchloried by 700 tot 800°C.Wolframdraad in 'n poel van vloeibaresink is as dieelektrodes in 'ngrafietkroesie gebruik. Die eerste pond 99% suiwer skandium metaal is egter eers in1960 vervaardig.
Seldsame minerale vanuit Skandinawië enMadagaskar soosthortveitiet,euxeniet engadoliniet is die enigste bekende bronne van die element (wat nooit as die vrye metaal voorkom nie).
Element 21 is die element wat die 23ste mees volop element in dieson en soortgelyke sterre is maar op aarde is dit slegs die 50ste mees volop element. Skandium kom wyd verspreid oor die aarde se oppervlak voor en kom in spoorhoeveelhede in meer as 800minerale voor. Daar word geglo dat dieblou kleur van die akwamaryn variëteit vanberil aan die skandium daarin toegeskryf kan word. Dit maak 'n belangrike deel van die seldsame mineraal thortveitiet uit en word in residue gevind van die ontginningsproses vanwolfram uitZinnwald wolframiet.
Thortveitiet is die primêre bron van skandium meturaanmeulens se uitskot as 'n ander belangrike bron. Suiwer skandium word kommersieel vervaardig deur dieskandiumfluoried metkalsium metaal tereduseer.
Skandium wat in die natuur voorkom bestaan uit 1 stabieleisotoop Sc-45. 13radio-isotope is al geëien waarvan Sc-46 die mees stabiele is met 'nhalfleeftyd van 83.79 dae, Sc-47 met 'n halfleeftyd van 3.3492 dae en Sc-48 met 'n halfleeftyd van 43.67 ure. Die oorblywenderadio-aktiewe isotope het halfleeftyd van minder as 4 ure en die meerderheid hiervan se halfleeftye is korter as 2 minute. Die element het ook 5meta-toestande met Sc-44 die mees stabiele daarvan (t½ 58.6 uur).
Die isotope van skandium wissel inatoommassa van 39.978ame (Sc-40) tot 53.963 ame (Sc-54). Die primêrevervalmodus voor die enigste stabiele isotoop, Sc-45, iselektronvangs en die primêre modus daarna isbeta-emmissie. Die primêrevervalprodukte voor Sc-45 is isotope van element 20 (kalsium) en die primêre produkte daarna is isotope van element 22 (titaan).
Verpoeierde Skandium metaal is brandbaar en verteenwoordig 'nbrandgevaar.
 | Wikimedia Commons bevat media in verband metSkandium. |
 | Sienskandium in Wiktionary, die vrye woordeboek. |