DieSkandinawiese kruis is enigeen van verskeie vlae waarop die ontwerp van dieNoordse of Skandinawiese kruis, ’n kruissimbool op ’n reghoekige veld waarvan die middel van die kruis na die vlagpaalkant geskuif is, voorkom.
Alle onafhanklike Noordse lande het in die moderne tyd sulke vlae aanvaar, en hoewel die Skandinawiese kruis so genoem is weens sy gebruik in die nasionale vlae van die Skandinawiese volke, word die term universeel deur vlagkundiges gebruik in verwysing na die vlae van die Noordse lande maar ook na ander vlae met soortgelyke ontwerpe.[1] Die skuinskruis staan ook bekend as die Kruis van Sint Filippus die Apostel, wat nie inSkandinawië nie, maar eerder inGriekeland,Frigië enSirië gepredik het.
Die kruis stel dieChristendom voor,[2][3][4] en die kenmerkende skuif van die middel na die vlagpaalkant is vroeg-modern en is op 11 Junie 1748 vir die eerste maal beskryf as die Deense burgerlike vaandel vir handelskepe, waar gespesifiseer is dat die skuif van die kruis na die vlagpaalkant soos volg moet wees: “die eerste twee velde moet vierkantig wees en die buitenste velde moet6⁄4 van daardie lengte wees.” Die Deense ontwerp is aanvaar vir die vlae vanNoorweë (burgerlike vaandel 1821) enSwede (1906) wat albei afgelei is van ’n algemene vaandel wat gedurende dieUnie tussen Swede en Noorweë tussen 1818 en 1844 gebruik is, asookYsland (1915) enFinland (1917); sommige onderafdelings van hierdie lande het dit ook as inspirasie vir hul vlae gebruik. Die vlag van Noorweë was die eerste vlag met die Skandinawiese kruis in drie kleure.
Let wel dat sommige van hierdie vlae histories is. Let ook op dat vlagverhoudinge tussen die verskillende vlae kan wissel en soms selfs tussen verskillende weergawes van dieselfde vlag.
Dievlag van Groenland is die enigste nasionale vlag van ’n Noordse land of gebied sonder ’n Skandinawiese kruis. Toe Groenland selfregering verkry het, is die huidige vlag – met ’n grafiese ontwerp uniek aan Groenland – in Junie 1985 aanvaar deur veertien stemme daarvoor teen elf ter ondersteuning van ’n voorgestelde groen-en-wit Skandinawiese kruis.[5]
Die historiese vlag van dieKalmarunie wat Denemarke, Swede en Noorweë tussen 1397 en 1523 verenig het. Geen prentegeskiedenis van die vlag het behoue gebly nie. Die vlag wat vertoon word is ’n rekonstruksie gebaseer op verwysings in briewe van 1430 deurErik van Pommere.
Hierdie vlae het óf nie amptelike status nie óf dit verteenwoordig privaat entiteite. Dit is nie amptelik aanvaar nie en die gebruik daarvan bly beperk.
Nieamptelike vlag van die Deense provinsie Bornholm (1970’s)
Voorstel vir die vlag vanJutland, ontwerp deur Per Kramer (1975)[6] (geen opgetekende werklike gebruik)
Nog ’n voorstel vir ’n vlag van Jutland, dateer uit 1972 (nie in gebruik)
Voorstel vir ’n vlag van Groenland, in 1984 ontwerp deur Sven Tito Achen. Verwerp ten gunste van die nie-skandinawiesekruisvlag
Nieamptelike vlag wat die Sweedssprekende minderheid in Finland verteenwoordig. Moet saam met die Finse nasionale vlag vertoon word (1902)
Vorige nieamptelike vlag van Ysland (ca. 1900)
Voorstel vir die vlag van Ysland, in 1914 ontwerp deur Magnús Þórðarson
Vlag van die Noorse fascistiese party, Nasjonal Samling, 1933–1945
Nieamptelike vlag van die Finssprekende minderheid in Swede
Nieamptelike vlag van die Deense distrik Vendsyssel
Nieamptelike vlag vanNorrland, die noordelikste landsdeel van Swede
Vlag van Ladonia, ’n mikrovolk in Suid-Swede
Vlag vanGotland, die nieamptelike vlag van die Sweedse eiland Gotland
Ontwerpe met die Skandinawiese kruis, soortgelyk aan dié van Denemarke, Swede en Noorweë se vlae is in 1919 (naWOI) en 1948 (naWOII) voorgestel as nasionale vlag vir Duitsland. Die Skandinawiese kruis kom vandag voor in sommige stads- en distriksvlae of wapenskilde.
Vlag van die Deense monarg, vertoon in sy kapasiteit as hertog van Holstein, Schleswig en Lauenburg. Die drie hertogdomme is in 1864 aanOostenryk enPruise gesedeer na afloop van die Tweede Duits-Deense Oorlog.[7]
’n Aantal vlae vir plekke in die Verenigde Koninkryk (hoofsaaklikSkotland) is gebaseer op die Skandinawiese kruis en is bedoel om die Skandinawiese erfenis wat gedurende die Wikingtydperk en deur die Hoë Middeleeue na dieBritse Eilande gebring is.
Ladonia (mikrovolk); let op dat die wit lyne nie op die vlag self sigbaar is nie, tog word dit as Skandinawiese kruis geag omdat dit ’n opgekookte Sweedse vlag verteenwoordig
Nieamptelike vlag van dieRepubliek Komi, gebruik deur aktiviste
↑(en)Jeroen Temperman.State Religion Relationships and Human Rights Law: Towards a Right to Religiously Neutral Governance. Martinus Nijhoff Publishers. p. 88. Besoek op31 Desember 2007.Talle oorwegend Christelike state vertoon 'n kruis op hul nasionale vlag as verteenwoordigend van die Christendom. Skandinawiese of noordse kruise op die vlae van die Noordse lande – Denemarke, Finland, Ysland, Noorweë en Swede – verteenwoordig ook die Christendom
↑(en)Carol A. Foley.The Australian Flag: Colonial Relic or Contemporary Icon. William Gaunt & Sons. Besoek op31 Desember 2007.Die Christelike kruis is byvoorbeeld een van die algemeen gebruikte simbole ter wêreld en talle Europese lande, soos die Verenigde Koninkryk, Noorweë, Swede, Finland, Denemarke, Ysland, Griekeland en Switserland het die Christelike kruis aanvaar en behou op nul nasionale vlae
↑(en)Andrew Evans.Iceland. Bradt. Besoek op31 Desember 2007.Volgens oorlewering het 'n rooi doek met 'n wit kruis uit die lug geval ten tyde van die 13de eeuse Waldemarslag, waarna die Dene die oorwinning geniet het. As kenteken van goddelike reg het Denemarke sy kruis in die ander Skandinawiese lande waar hy regeer het, vertoon en soos elke volk onafhanklikheid verkry het, het hulle ook die Christelike simbool geïnkorporeer
↑In 1844 het pro-Duitse nasionaliste in die hertogdomme Holstein en Schleswig ’n blou-wit-rooi driekleur geskep as ’n simbool vir onafhanklikheid wat wydverspreide gebruik geniet het. In 1845 het Denemarke gereageer deur alle ander vlae buiten die Deense een hier uitgebeeld, te verbied. Hierdie verbod is toegepas so lank as wat Denemarke die drie hertogdomme (Holstein en Lauenburg: effektief tot 1863, Schleswig: effektief tot 1864) beheer het. Gebruik van die Deense vlag is weer verbied deur die afgeskeide regering wat die drie hertogdomme tussen 1848 en 1851 opgeëis het.
↑(ru)Пюккенен, А. Ю.; Сыров, А. А. (2002).Что такое Ингерманландия? Краткое введение в историю ингерманландских финнов [Wat is Ingermansland? ’n Kort inleiding tot die geskiedenis van die Ingermanlandsfinne]. Sint Petersburg.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)
↑(ru)Пюккенен, А. Ю. (30 Mei 2011). "Геральдика Невского края" [Neva-streek heraldiek].Санкт-Петербургские ведомости. Saint Petersburg: АО Издательский дом «С.-Петербургские ведомости».