DieSjahada (Arabies: الشهادة,aš-šahādah, [aʃ.ʃaˈhaːda],luister(hulp·inligting); letterlik: "die getuienis") is dieIslamitiese geloofsbelydenis en die eerste van dieVyf Pilare van die Islam. Met die Sjahada word die geloof in die eenwees vanGod (tawhid) en die erkenning vanMohammed as God se profeet uitgedruk.
Die Sjahada is die enigste aanvaarde ritueel tydens die konversie van 'n persoon tot Islam. In die teenwoordigheid van twee Moslem-getuies uiter die nuwe gelowige die Sjahada. 'n Islamitiese gebruik bestaan om die Sjahada as jou laaste woorde te uiter, maar indien die sterwende persoon nie meer in staat is om dit te kan doen, word dit deur 'n gesinslid in sy oor gefluister. Dit word ook deur die pa in die oor van 'n pasgebore kind gefluister. Vir 'n Moslem is die Sjahada dus die eerste en laaste woorde wat hy in sy lewe sal hoor.
Tydens die roep tot gebed (Adhān) deur diemuezzin volg op die viermaligeTakbirresitasie die twee dele van die Sjahada, voorafgegaan deur(wa) ašhadu ʾan أشهد أن "Ek getuig, dat...", twee keer elk.
Sedert die vroe tye vanIslam vorm die Sjahada 'n versieringselement in die Islamitiese argitektuur, veral binne en buite vanmoskees en dikwels in kombinasie met dieBasmala.