Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Sitar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
’n Sitar moenie met ’nsiter verwar word nie.
’n Sitar.

’nSitar is ’n snaarinstrument uitIndië met ’n baie tiperende klank. Die instrument het benewens vier melodiesnare en twee ritmesnare ook twaalf tot veertien resonansiesnare. Laasgenoemde word gestem in die toonleer van die spesifieke "raga", of musiekraamwerk waarbinne ’n stuk gespeel word. Die sitar kom tradisioneel uit dieHindoestaanse musiek.

Dit het in die 1960's in die Weste bekend geword danksy dieBeatles en ander popgroepe wat dit soms gebruik het. Die bekendste sitarspeler ter wêreld was Ravi Shankar. Hy het onder meer in 1967 op die Monterey-popfees opgetree. Dit was ’n groot rede daarvoor dat musiek uit Indië, en sitarmusiek spesifiek, algemeen bekend geword het. Shankar is op 11 Desember 2012 oorlede.

Sien ook

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metSitars.
Nasionaal
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Sitar&oldid=1884646"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp