Sirius is die helderstester aan die naghemel en in diesterrebeeldGroot Hond (Canis Major). Met syskynbare helderheid van -1,46, is dit byna twee keer so helder asCanopus, die tweede helderste ster. Die naam Sirius is afgelei van die AntiekeGriekse Σείριος (seirios: "gloeiend" of "skroeier"). Dit word ookAlpha Canis Majoris (αCMa) genoem. Wat vir die blote oog soos ’n enkele ster lyk, is inderwaarheid ’ndubbelster – dit bestaan uit ’n withoofreeksster vanspektraaltipe A1V, genoemSirius A, en ’n dowwewitdwerg van spektraaltipe DA2, genoemSirius B. Die afstand tussen die twee sterre wissel tussen 8,1 en 31,5AE.[1]
Sirius lyk helder vanweë beide sy helderheid en sy nabyheid aan dieAarde. Op ’n afstand van 8,6ligjare[2][3][4] is die Sirius-dubbelster een van die naaste sterre aan die Aarde. Dit beweeg geleidelik nader aan dieSonnestelsel en sal dus oor die volgende 60000 jaar algaande helderder word. Daarna sal dit wegbeweeg, maar dit sal steeds vir die volgende 210000 jaar die helderste ster aan ons naghemel wees.
Sirius A se massa is omtrent twee keer dié van dieSon en dit het ’n absolute magnitude van 1,42. Dit is 25 keer so helder soos die Son,[5] maar sy ligsterkte is nie so groot as ander helder sterre soosCanopus ofRigel nie. Die stelsel is tussen sowat 200 en 300miljoen jaar oud.[5] Dit het oorspronklik uit twee blouerige sterre bestaan. Die een met die grootste massa, Sirius B, het sy gas opgebruik en ’nrooireus geword voordat dit sy buitenste lae verloor, ingeplof en sowat 120miljoen jaar gelede ’nwitdwerg geword het.[5]
Sirius word ook soms dieHondster genoem omdat hy so prominent in diesterrebeeldGroot Hond is.[6] Sy herverskyning aan die horison ná ’n afwesigheid van 70 dae het in AntiekeEgipte die oorstroming van dieNyl aangedui en inAntieke Griekeland die warm dae met die hoogste humiditeit. In dieSuidelike Halfrond was dit die begin van die winter vir diePolinesiërs. Dit was vir laasgenoemde ook ’n belangrike ster vir navigasie op dieStille Oseaan.
Sirius is van byna elke bewoonde gebied op aarde sigbaar, met net mense in dele noord van 73 grade wat dit nie kan sien nie.[8] Dit styg egter nie hoog soos gesien van sommige noordelike stede nie – byvoorbeeld net tot 13° bo die horison inSint Petersburg.
Vroeg in Julie in die Suidelike Halfrond kan Sirius beide in die aand gesien word wanneer dit ná die Son ondergaan en in die oggend wanneer dit voor die Son opkom.[9] Vanweëpresessie eneiebeweging sal Sirius ál verder suid beweeg. Vanaf 9000n.C. sal dit nie meer van Noord- en Sentraal-Europa af sigbaar wees nie en in 14000n.C (wanneerVega naby dieNoordpool is) sal sydeklinasie -67º wees en dus permanent sigbaar inSuid-Afrika en die grootste dele vanAustralië.
Sirius kan ook in daglig gesien word onder gunste sigtoestande. Die lug moet baie helder wees en die waarnemer op ’n aansienlike hoogte, die ster moet oorhoofs verbybeweeg en die Son moet laag teen die horison wees.[10] Dit is makliker sigbaar in die Suidelike Halfrond vanweë die ster se suidelike deklinasie.
Vanweë die wentelbaan-beweging van die twee sterre is hul naaste afstand van mekaar (periastron) 3boogsekondes en die verste afstand (apastron) 11boogsekondes. Wanneer hulle op hul naaste aan mekaar is, is uitstekende sigtoestande en ’n goeieteleskoop nodig om hulle van mekaar te onderskei. ’n Periastron het in 1994 plaasgevind en die sterre het sedertdien verder van mekaar af beweeg, dus is dit nou weer makliker om hulle met ’n teleskoop te onderskei.[11]
Die ster seBayer-naam is "Alpha Canis Majoris". Die eienaam, "Sirius", kom van dieLatynsesīrius, wat weer kom van dieGriekse σείριος (seirios, "gloeiend" of "skroeier").[12] ’n Skakel met dieEgiptiese godOsiris is ook al voorgestel.[13] In 2016 het dieInternasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) dié naam vir die ster goedgekeur.[14]
↑Perryman,M. A. C.;Lindegren,L.;Kovalevsky,J.;et al.(July 1997),"The Hipparcos Catalogue",Astronomy and Astrophysics323: L49–L52,Bibcode:1997A&A...323L..49P
↑Perryman,Michael(2010),The Making of History's Greatest Star Map,Heidelberg:Springer-Verlag,doi:10.1007/978-3-642-11602-5
↑Espenak, Fred."Mars Ephemeris".Twelve Year Planetary Ephemeris: 1995–2006, NASA Reference Publication 1349. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 29 Julie 2012. Besoek op9 Maart 2013.
↑"Stories from the Stars" (in Engels). Stargazers Astronomy Shop. 2000.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2020. Besoek op17 Desember 2008.
↑Henshaw, C. (1984). "On the Visibility of Sirius in Daylight".Journal of the British Astronomical Association.94 (5):221–222.Bibcode:1984JBAA...94..221H.{{cite journal}}:Ongeldige|ref=harv (hulp)
Barker, Tho. (1760). "Remarks on the Mutations of the Stars".Philosophical Transactions.51 (0):498–504.doi:10.1098/rstl.1759.0049.JSTOR105393.{{cite journal}}:Onbekende parameter|coauthors= geïgnoreer (hulp);Ongeldige|ref=harv (hulp)