Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Sirakuse

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Sirakuse

Siracusa / Sarausa
Stad
Sonsopkoms oor Sirakuse
Sonsopkoms oor Sirakuse
Sirakuse is in Italië
Sirakuse
Sirakuse
Koördinate:37°4′N15°17′O / 37.067°N 15.283°O /37.067; 15.283
LandVlag van Italië Italië
StreekSisilië
ProvinsieSirakuse
Regering
 • BurgemeesterGiancarlo Garrozzo (PD)
Oppervlak
 • Totaal204,1 km2 (78,8 vk. myl)
Hoogte
17 m (56 ft)
Bevolking
 • Totaal123 408
 • Digtheid600/km2 (1 600/vk. myl)
TydsoneUTC+01:00 (MET)
 • SomertydUTC+02:00 (MEST)
Poskode
96100
Skakelkodes0931
Webwerfwww.comune.siracusa.it

Sirakuse (Italiaans:Siracusa,Sisiliaans:Sarausa) is 'n stad en munisipaliteit in die suidooste vanSisilië, 'n eilandgebied vanItalië. Dit is 'n hawestad en ook diehoofstad van die gelyknamige provinsie, met 'n bevolking van 125 000.

Sirakuse is bekend as die woonplek van die Griekse wiskundige en ingenieur,Archimedes (287–212 v.C.). Die stad word ook in dieNuwe Testament in die boek vanHandelinge vermeld as die plek waarPaulus oorgebly het.[1] In 2005 is die stad, saam met die nabygeleë Rots Nekropolis van Pantalica, totUNESCO-wêrelderfenisgebied verklaar.

Die stad het 'n ryke geskiedenis. Dit was oorspronklik 'nGriekse kolonie, wat in734 v.C. deurGriekseboere uitKorinthe gestig is. Hulle het die koloniesyrako (Συρακοῦσαι),Grieks virmoeras, genoem.

Die oorblyfsels van dieGriekse teater bySirakuse aan die weskus vanSisilië (Sicilië) was een van die grootste teaters van dieantieke wêreld. 'n Deursnee van 160 m was baie ruim. Vandag is daar nog 46 rye sitplekke oor, maar vermoedelik was daar oorspronklik nog 15 gewees. Dit word nog altyd gebruik vir die opvoering van Oud-Griekse dramas.

Die teater is in die5de eeu v.C. gebou deurHiëron I,tiran van Sirakuse.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Handelinge 28:12 "En ons het by Sirakúse gekom en daar drie dae gebly."

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Bronnelys

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Sirakuse&oldid=2231484"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp