Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Siprus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die soewereine staat. Vir die eiland met dieselfde naam, sienSiprus. Vir die noordelike deel van die eiland, sienTurkse Republiek van Noord-Siprus.
Republiek Siprus
Κυπριακή Δημοκρατία (Grieks)
Kıbrıs Cumhuriyeti (Turks)
Vlag van SiprusWapen van Siprus
VlagWapen
Volkslied: Ὕμνος εἰς τὴν Ἐλευθερίαν
Ymnos is tin Eleftherian
(Grieks vir: "Volkslied van Vryheid")a
Ligging van Siprus
HoofstadNicosia

35°10′N33°22′O / 35.167°N 33.367°O /35.167; 33.367

Grootste stadNicosia
Amptelike taleGrieks enTurks
RegeringUnitêre presidensiële
grondwetlikerepubliek
Nikos Christodoulides
vakantb
Onafhanklikheid
• Londen-Zürich-ooreenkomste
• Onafhanklikheid verklaar
• Onafhanklikheidsdag
van dieVerenigde Koninkryk
19 Februarie1959
16 Augustus1960
1 Oktober1960
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
9 251c km2  (162ste)
3 572 myl2
0,11
Bevolking
 - 2021-skatting
 - 2011-sensus
 -Digtheid
 
1 244 188d[1][2] (158ste)
838 897[3]
123,4 / km2 (82ste)
319,6 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$47,499 miljard[4] (126ste)
$52 057[4](34ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$27,592 miljard[4] (113de)
$30 240[4](35ste)

MOI (2021) 0,896[5] (29ste)  – baie hoog
Gini (2021)29,4[6](19de) – laag
GeldeenheidEuro (€) (EUR)
Tydsone
 -Somertyd
OET (UTC+2)
OEST (UTC+3)
Internet-TLD.cy
Skakelkode+357
a. Die Griekse volkslied is in 1966 aangeneem deur 'n besluit van die Raad van Ministers.[7]
b. Die adjunkpresidentskap is gereserveer vir 'n Turks-Siprioat. Die pos is egter vakant sedert die Turkse inval in 1974.[8]
c. InsluitendeNoord-Siprus, die VN-buffersone enAkrotiri en Dhekelië.
d. uitsluitende Noord-Siprus.

Siprus, ookCiprus, (Grieks: Κύπρος, [ˈcipros];Turks:Kıbrıs, [ˈkɯbɾɯs]), amptelik dieRepubliek Siprus (Grieks: Κυπριακή Δημοκρατία /Kypriakí Dimokratía, [cipriaˈci ðimokraˈti.a], letterlik: "Sipriotiese Republiek";Turks:Kıbrıs Cumhuriyeti, [ˈkɯbɾɯs ˈdʒumhuɾijeti], letterlik: "Republiek Siprus"), is 'neilandstaat op dieeilandSiprus in die noordooste van dieMiddellandse See, sowat 70 km suid vanTurkye, 100 km wes vanSirië, en 500 km oos vanGriekeland. Siprus is die derde grootste en derde mees bevolkte eiland in dieMiddellandse SeeSisilië enSardinië. Dit het vlaktes aan die suidkus en ’n sentrale vlakte met berge noord en suid daarvan. Diehoofstad en grootste stad isNicosia (Grieks: Levkosía enTurks: Lefkoşa). Ander belangrike stede op die eiland isLimassol,Larnaca,Paphos,Famagusta enKyrenia.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]
Kaart van Siprus
Nasa-Satellietbeeld van Siprus

Die eiland word al 12 000 jaar lank bewoon en al die antieke magte in die omgewing het dit al beset.

Siprus is sedert die middel van dieNeolitikum deur mense gekoloniseer. Na 'n ekologiese ramp rondom 6 000 v.C. was die eiland 'n geruime tyd onbewoond, maar nuwe setlaars het in dieKopertydperk aangekom. As gevolg van groot hoeveelhede kopererts het die eiland in dieBronstydperk tot vroeëKlassieke tydperk 'n belangrike rol gespeel in die Mediterreense handel. Alhoewel die eiland oorspronklik bewoon is deur inheemse bevolking, wat blykbaar verband hou met die pre-Semitiese kulture van dieMidde-Ooste, het die meeste eilandbewoners gedurende die 10de-15de eeuehul taal van inheems na Grieks verskuif sonder skynbare spore van inval of kulturele verandering.

Alhoewel Siprus deurseevolke aangeval is, het die eiland nie net die aanval oorleef nie, maar het eeue lank voorspoed beleef toe sy groot mededingers gedaal het. Koper en brons uit Siprus het in hoë aanvraag oor die Middellandse See gebly. Siprus het tot dieRomeinse verowering 'n kultuur wat verskil van Griekeland s'n, gehandhaaf.

Later is Siprus gevolglik oorgeneem deur dieBisantyne,Kruisvaarders enOttomaanse Turke.

Van 1878 tot 1960 was dit inBritse hande. Daarna word dit onafhanklik. In 1974 raak Griekeland en Turkye in ’n skermutseling oor die eiland betrokke en dit wordde facto in 'n Grieks-Sipriotiese deel (die suidwestelike twee derdes) en ’n Turks-Sipriotiese deel (die noordoostelike derde) verdeel.[9]

DieTurkse Republiek van Noord-Siprus bestaan sedert 1974 in die noordelike deel van die eiland, maar dit word slegs deur Turkye as ’n onafhanklike land erken.[10]

In die suide en ooste lê die afhanklike gebiedeAkrotiri en Dhekelië van dieVerenigde Koninkryk, wat in 1960 gestig is.

Die Republiek Siprus is 'n lid van dieBritse Statebond. Sedert 1 Mei 2004 is dit ook 'n lidland van dieEuropese Unie en dieEuro is sedert 1 Januarie 2008 die geldeenheid. In 2012 is Siprus swaar deur sy blootstelling aan Griekeland se wankelrige ekonomie getref, en moes die land noodgedwonge hulp van internasionale leners versoek.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)"World Population Prospects 2022". United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Besoek op5 Maart 2023.
  2. (en)"World Population Prospects 2022: Demographic indicators by region, subregion and country, annually for 1950-2100" (Total Population, as of 1 July (thousands)). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Geargiveer vanafdie oorspronklike(XSLX) op 6 Maart 2023. Besoek op5 Maart 2023.
  3. (gr)"Statistical Service – Population and Social Conditions – Population Census – Announcements – Preliminary Results of the Census of Population, 2011". Statistical Service of the Ministry of Finance of the Republic of Cyprus. 29 Desember 2011. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 15 Januarie 2013. Besoek op5 Maart 2023.
  4. 4,04,14,24,3(en)"Cyprus".Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2022. Besoek op5 Maart 2023.
  5. (en)"Human Development Report 2021/2022"(PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op5 Maart 2023.
  6. (en)"Gini coefficient of equivalised disposable income – EU-SILC survey". Eurostat. Besoek op5 Maart 2023.
  7. (en)"National Anthem".www.presidency.gov.cy. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 13 Augustus 2011. Besoek op13 Augustus 2011.
  8. (en)"Cyprus".Central Intelligence Agency. Besoek op5 Maart 2023.
  9. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,ISBN 978-1-77578-243-8
  10. (de)tagesschau.de: Der Zypern-Konflikt – das ungelöste Problem der EU

Bronne

[wysig |wysig bron]
Algemeen

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Lande en gebiede inAsië
Onafhanklike lande
Omstrede gebiede
Afhanklike gebiede
Australië
Verenigde Koninkryk
Volksrepubliek China
Lande van
1. Landdeels inAfrika. 2. Land deels inEuropa. 3. Geografies inAsië, maar gereeld beskou as deel vanEuropa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings.
Lande en gebiede inEuropa
Onafhanklike lande
Omstrede gebiede
Afhanklike gebiede
Finland
Koninkryk van Denemarke
Noorweë
Portugal
Verenigde Koninkryk
Lande van
1. Landdeels inAsië. 2. Geografies inAsië, maar gereeld beskou as deel vanEuropa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings. 3. Aangedui as dieKanaaleilande.
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Siprus&oldid=2730393"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp