Sint Maartin is op 11 November 1493 (Sint-Maartenfees) deurChristophorus Columbus tydens sy tweede reis virEuropa ontdek en ná dieheiligeMartinus van Tours genoem. Alhoewel Sint Maartin deur dieSpaanse Ryk opgeëis is, is dié eiland nooit deurSpanjaarde gekoloniseer nie. Sint Maartin het egter beideFranse enNederlandse koloniste gelok, maar weens verskeie redes.Frankryk wou al die eilande tussenBermuda enTrinidad en Tobago koloniseer, terwylNederland dié eiland as 'n gerieflike hawe halfpad tussen hul koloniesNieu-Nederland enNederlands-Brasilië beskou het. DieNederlandse Wes-Indiese Kompanjie het in 1631 Fort Amsterdam opgerig. Franse enEngelse koloniste het gou gevolg. Na aanleiding van hierdie suksesvolle kolonisasies het Sint Maartin ook aandag vanSpanje gekry, wat hulsouthandel veilig wou hou. DieTagtigjarige Oorlog het tot verdere skermutselinge tussen Nederland en Spanje gelei. Spanje het dié eiland in 1633 verower en die meeste of al die koloniste van Sint Maartin ontruim. Nadat dié eiland nie meer winsgewend was nie, het die Spanjaarde Sint Maartin in 1648 verlaat. Franse en Nederlanders het hul kans gesien om hulle weer op dié eiland te vestig. Nederlandse koloniste het vanafSint Eustatius gekom en Franse koloniste vanSt. Kitts en Nevis. Die nuwe vestiging het tot konflikte gelei en albei kante het saamgestem om dié eiland te deel. Hulle het in 1648 die Verdrag van Concordia onderteken, maar skermutselinge het die grens tussen 1648 en 1816 16 keer laat wissel. Sint Maarten het in 1983 'n eilandgebied van die Nederlandse Antille geword en is sedert 2010 'n outonome land binne die Koninkryk van die Nederlande,grondwetlik gelykwaardig aanAruba,Curaçao enNederland.[6]
Sint Maarten is 'n gesogte vakansieplek en dieekonomie is veral optoerisme gebaseer.[3] DiePrinses Juliana Internasionale Lughawe is veral bekend vir sy aanloopbaan digby die strand en dit is veral gewild by toeriste wat groot vliegtuie van naby wil sien.[7]