Simon Denis Rattle (*Liverpool,19 Januarie1955 - ) is 'nBritsedirigent.
Rattle ontvang onderrig inklavier enviool, maar sy eerste pos in 'n orkes was as 'n strykinstrumentspeler. In 1971 begin hy by die Royal Academy of Music inLonden studeer, waar hy ook gereeld as dirigent optree. Tydens sy studies organiseer en dirigeer hy 'n indrukwekkende uitvoering vanGustav Mahler seTweede Simfonie.
Sy besondere talent as dirigent is deur Martin Campbell-White ontdek, wat sedertdien sy bestuurder is. In 1974, die jaar waarin hy afgestudeer het, wen hy ook dieJohn Player Dirigeerkompetisie. In 1980/81 studeer hy aan dieUniversiteit van Oxford.
Rattle verwerf van 1980 tot 1998 groot bekendheid as dirigent van die City of Birmingham Symphony Orchestra (CBSO). Hy is mede-stigter van die Birmingham Contemporary Music Group. Hy was ook gasdirigent van dieRotterdam Filharmoniese Orkes. In 1994 word hy tot die Britse adelstand verhef met die titel van Knight Bachelor. Sedert 2002 is hy hoofdirigent van dieBerliner Philharmoniker as opvolger totClaudio Abbado. Die kontrak het tot 2018 geduur, maar reeds met ingang van die 2017-2018 seisoen is hy benoem as hoofdirigent van dieLonden Simfonieorkes.[1]
Rattle was van 1980 tot 1995 getroud met die Amerikaanse sopraan Elise Ross, by wie hy twee seuns het. In 1996 hertrou hy met die Amerikaanse skryfster Candace Allan. Sy derde vrou is sedert 2008 die Tsjeggiese mezzo-sopraan Magdalena Kožená. Hy het ook twee seuns by haar.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuitdie Nederlandse Wikipedia vertaal. |