Silverton | |
---|---|
Koördinate:25°43′54″S28°18′20″O / 25.73167°S 28.30556°O /-25.73167; 28.30556 | |
Land | ![]() |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Tshwane |
Hoofplek | Pretoria |
Oppervlak | |
• Totaal | 4,38 km2 (1,69 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 9 590 |
• Digtheid | 2 189/km2 (5 670/vk. myl) |
Rasverdeling(2011) | |
• Wit mense | 48,0% |
• Indiërs/Asiërs | 1,6% |
• Bruin mense | 9,0% |
• Swart mense | 40,1% |
• Ander | 1,5% |
Taal(2011) | |
• Afrikaans | 52,6% |
• Engels | 15,3% |
• Noord-Sotho | 6,4% |
• Suid-Sotho | 5,1% |
• Ander | 20,6% |
Skakelkode | 012 |
Silverton is 'n ou en gevestigdevoorstad in die verre ooste vanPretoria,Suid-Afrika. Menige ander woonbuurte het rondom Silverton uitgebrei oor die afgelope 60 jaar.
Dawid Botha, 'n boer uit dieKaapkolonie, en sy familie, was die eerste mense om hulself in1848 te vestig op die plaasHartebeespoort waar Silverton vandag geleë is. Die Bothafamilie het die plaas in1851 aan ene Vermeulen verkoop. In1874 is die plaas aan die Duitse immigrant Hans Mundt verkoop. Mundt het dit gebruik vir 'n halfwegstasie vir reisigers, aangesien die plaas op die hoofvervoerroete naPelgrimsrus geleë was, toe die goudstormloop daarheen begin het. In1900 issilwer op die plaas ontdek, en 'n gedeelte van die plaas is deur dieSilver Mining Company opgekoop. In1961 is die eiendom aan die Munisipaliteit van Silverton geskenk en in1975 is dit as diePionier-opelugmuseum vir die publiek geopen.[2]
Op25 Januarie1980 was drieUmkhonto we Sizwe-lede, Stephen Mafoko, Humphrey Makhubo en Wilfred Madela na bewering op pad na 'n beplande MK-sabotasie opbrandstofdepots byWaltloo. Toe hulle besef dat hulle deur diepolisie agtervolg word, het hulle hul toevlug geneem in 'n plaaslike tak vanVolkskas Bank in Silverton. Hulle het 25 burgerlikes in die bank gyselaar gehou en 'n aantal eise gestel. Na 'n reeks onsuksesvolle onderhandelinge, het die polisie die bank bestorm en die trio doodgeskiet. Twee burgerlikes, Valerie Anderson en Anna de Klerk, is ook dood en talle ander is gewond in die skietery.[3]