Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Siluur

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanafSilurian)
Thelodonti, visse wat in die Siluur en Devoon geleef het

DieSiluur is ’ngeologieseperiode wat gestrek het van die einde van dieOrdovisium sowat 443,4 miljoen jaar gelede tot die begin van dieDevoon sowat 419,2 miljoen jaar gelede.

Soos met die ander geologiese periodes is die rotsbodems wat die periode se begin en einde bepaal, goed geïdentifiseer, maar die presiese datums kan met miljoene jare verskil. Die begin van die periode het gevolg op dieOrdovisium-Siluur-uitwissing sowat 443 miljoen jaar gelede toe 60% van die seelewe uitgewis is.

’n Belangrike mylpaal in die Siluur was die verskyning van visse met kake en grate. Lewe op land het ook toegeneem: mosagtige, vaatryke plante langs mere, strome en aan die kus, asook kleingeleedpotiges op die droë grond. Die lewe op land sou egter eers in die Devoon noemenswaardig uitbrei.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
ProterosoïkumFanerosoïese Eon
  Neoproterosoïkum  Paleosoïese EraMesosoïese EraKainosoïese Era
EdiacariumKambriumOrdovisiumSiluurDevoonKarboonPermTriasJuraKrytPaleogeenNeogeenKwartêr
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Siluur&oldid=2471261"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp