Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Sidovudien

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Sidovudien se chemiese struktuur
Sidovudien bal-en-stokkie model:
Blou=stikstof
Rooi=suurstof
Swart=koolstof en koolstofbindings
Wit=waterstof

Sidovudien ofasidotimidien ("AZT"), behoort aan die klas geneesmiddels bekend as nukleosied analoog trutranskriptase remmers (NRTIs), wat die ensiemtrutranskriptase blokkeer, 'n ensiem wat onmisbaar is vir virusvoortplanting.AZT is 'n tipeteenretrovirale middel wat gebruik word omMIV/VIGS infeksie te behandel.

AZT was die eerste regeringsgoedgekeurde MIV-behandeling in die VSA (20 Maart1987), voorgeskryf onder die handelsnameRetrovir enRetrovis. AZT het die vermenigvuldiging van die virus in siek persone beduidend verlaag en kliniese en immunologiese verbetering van die toestand getoon.[1] Sidovudien word ook gebruik om oordrag van MIV te verhoed, bv. moeder-na-baba na geboorte, of nadat 'n naaldprik per abuis opgedoen is. Indien dit alleen gebruik word vir pasiente met MIV-infeksie, rem AZT die vermenigvuldiging van MIV by pasiënte, maar dit dood nie die virus geheel en al nie.[2] Dit mag die MI-virusse uitlok om mettertyd AZT-weerstandig te raak, en daarom word Sidovudien slegs in kombinasie met ander teenretrovirale middels toegedien as deel van 'n hoogs-aktiewe antiretrovirale terapie (HAART).

Geneesmiddelvorms

[wysig |wysig bron]

Die gebruik van AZT word vergemaklik deur die insluiting daarvan in 'n kombinasieproduk, bv.Combivir enTrizivir. Sidovudien is ook ingesluit in dieWêreldgesondheidsorganisasie se essensiële medisynelys, wat die minimum medisinale behoeftes vir 'n basiese gesondheidsorg-sisteem daarstel.[3]

'n Soutkristal van AZT onder gepolariseerde lig gesien.

Gebruike

[wysig |wysig bron]

Sidovudien word gebruik as deel van 'n hoogs-aktiewe antiretrovirale terapie (HAART) vir die behandeling vanMIV-infeksie in volwassenes.

MIV Profilakse

[wysig |wysig bron]

AZT word ook gebruik as profilakse ná blootstelling aan MIV, in kombinasie met 'n ander antiretrovirale middel,Lamivudien. Dit verlaag die direkte risiko van MIV-besmetting beduidend ná 'n eerste enkele blootstelling aan die virus (bv. nadat 'n naaldprik per abuis opgedoen is, óf aanraking met bloed of liggaamsvloeistowwe van 'n persoon wat 'n draer mag wees).

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. AIDS therapy. First proof of therapeutic promise. Wright, K.http://www.ncbi.nlm.nih.gov/pubmed/3463865
  2. Zidovudine resistant HIV. D.J. Jeffries.http://www.ncbi.nlm.nih.gov/pubmed/2500164
  3. "WHO Model List of Essential Medicines"(PDF) (in Engels). World Health Organization. Maart 2005.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2015. Besoek op12 Maart 2006.
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieEngelse Wikipedia vertaal.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Sidovudien&oldid=2429101"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp