Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Sidon

Koördinate:33°33′38″N35°22′33″O / 33.56056°N 35.37583°O /33.56056; 35.37583
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Sidon

صيدا

Saida
Stad
Koördinate:33°33′38″N35°22′33″O / 33.56056°N 35.37583°O /33.56056; 35.37583
LandLibanon
DistrikSidon-distrik
Oppervlak
 • Stad7,82 km2 (3,02 vk. myl)
 • Metro
25 km2 (10 vk. myl)
Bevolking
 • Stad~80 000
 • Metro
266 000
TydsoneUTC+2

Sidon, plaaslik bekend asSaida (Arabies: صيدا), is die derde grootste stad inLibanon. Dit is aan dieMediterreense kus geleë in die goewernement Suid-Libanon, waarvan dit die hoofstad is.Tirus, in die suide, en die Libanese hoofstad,Beiroet in die noorde, is albei sowat 40 km van daar. Sidon het 'n bevolking van sowat 80 000 binne die stadsgrense, terwyl sy metropolitaanse gebied meer as 'n kwartmiljoen inwoners het.

Oorsig

[wysig |wysig bron]
I10
Z4
D46
V1
N35
G1
T14N25
1ste Oorgangstydperk:
ḏjdwn[1][2]
inhiërogliewe
I10
D46
D46
V1
N35
G1
T14N25
O49
Middelryk van Egipte:
ḏddwn[3][4]
inhiërogliewe

DieFenisiese naam,Ṣīdūn (𐤑𐤃𐤍), het waarskynlik iets soos "vissersdorp" beteken.[5] Dit word inPapyrus Anastasi IDjedouna genoem.[1][2][3][4] InBybelseHebreeus is ditṢīḏōn (צִידוֹן) gespel en in klassieke SiriesṢidon (ܨܝܕܘܢ). Dit isvergrieks totSidṓn (Σιδών) engelatiniseer totSidon. Die naam verskyn in klassieke Arabies asṢaydūn (صَيْدونْ) en inmoderne Arabies asṢaydā (صيدا).

As 'n Romeinse kolonie het dit die amptelike naamColonia Aurelia Pia Sidon gekry ter ere van sy keiserlike borg. Tydens dieKruistogte was Sidon in Latyn bekend asSagittus en inFrans asSaete,Sayette ofSagette.

InGenesis is Sidon die oudste seun van Kanaän, 'n seun vanGam, en dus was Sidon 'n agterkleinseun vanNoag.

In die jare voor dieChristendom het baie volke Sidon verower: dieAssiriërs,Babiloniërs,Egiptenare,Perse,Grieke en eindelik dieRomeine.

Herodes die Grote het Sidon besoek. BeideJesus enPaulus het dit ook na bewering besoek. Die stad is eindelik deur dieArabiere verower en toe deur dieOttomaanse Turke.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,1Gauthier, Henri (1929).Dictionnaire des Noms Géographiques Contenus dans les Textes Hiéroglyphiques Vol. 6. p. 113.
  2. 2,02,1Wallis Budge, E. A. (1920).An Egyptian hieroglyphic dictionary: with an index of English words, king list and geological list with indexes, list of hieroglyphic characters, coptic and semitic alphabets, etc. Vol II. John Murray. p. 1064.
  3. 3,03,1Gauthier, Henri (1929).Dictionnaire des Noms Géographiques Contenus dans les Textes Hiéroglyphiques Vol. 6. p. 138.
  4. 4,04,1Wallis Budge, E. A. (1920).An Egyptian hieroglyphic dictionary: with an index of English words, king list and geological list with indexes, list of hieroglyphic characters, coptic and semitic alphabets, etc. Vol II. John Murray. p. 1065.
  5. Frederick Carl Eiselen (1907).Sidon: A Study in Oriental History, Volume 4. Columbia University Press. p. 12.ISBN 9780231928007.

Skakels

[wysig |wysig bron]
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Sidon&oldid=2515660"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp