Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Sichuan

Koördinate:30°8′0″N102°56′0″O / 30.13333°N 102.93333°O /30.13333; 102.93333
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Sichuan

四川省(Chinees)
Die "Meer van vyf blomme" in Sichuan
Die "Meer van vyf blomme" in Sichuan
Ligging van Sichuan in die Volksrepubliek China
Ligging van Sichuan in die Volksrepubliek China
Koördinate:30°8′0″N102°56′0″O / 30.13333°N 102.93333°O /30.13333; 102.93333
LandVlag van Volksrepubliek China Volksrepubliek China
HoofstadChengdu
Grootste stadChengdu
Regering
 • TipeRegering van Sichuan
 • SekretarisPeng Qinghua
 • GoewerneurHuang Qiang
Oppervlak
 • Totaal485 000 km2 (187 000 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal81 100 000
 • Digtheid170/km2 (430/vk. myl)
 • Rang
4de
TydsoneUTC+08:00 (SST)
Etniese groepeHan (95%), Yi (2,6%),Tibettane (1,5%), Qiang (0,4%), Ander (0,5%)
TaleSuidwestelike Mandaryns (Sichuanese dialekte), Khams-Tibettaans,Hakka
Webwerfwww.sc.gov.cn
Die woord "Sichuan" inChinese karakters

Sichuan (Chinees: 四川,Pinyin:Sìchuān,luister(hulp·inligting)) is 'nprovinsie van dieVolksrepubliek China. In 2013 het dit 'n bevolking van sowat 81 miljioen gehad.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Die naam Sichuan beteken "Vier Riviere". Tot 14 Maart 1997 het die huidige stadprovinsieChongqing onder Sichuan geval. Die drie voormalige prefekture (Fuling, Wanxian en Qianjiang) is onder die bestuur van Chongqing geplaas. Dit het 'n totaal van 30,2 miljoen mense gehad. Hierdie herorganisasie is uitgevoer om die weste van China beter te ontwikkel en om mense wat hul huise deur die Drie Klowe-dam-projek verloor het, huisvestiging te gee. Sichuan was voor die opdeling die provinsie in China met die grootste bevolking.

Op 12 Mei 2008 is die provinsie getref deur 'n baie ernstigeaardbewing met die krag van 7.9 op dieRichterskaal.

Geografie

[wysig |wysig bron]

Hoewel die provinsie in die middel van China is, word Sichuan tradisioneel as deel van Suidwes-China beskou.

Die oostelike deel van die provinsie lê in die Rooi Bekken en is heeltemal omring deur hoë berge. Hierdie deel het 'n hoë bevolkingsdigtheid. Byna alle stede is hier en ongeveer honderd miljoen mense woon daar. DieYangtze en 'n paar groot sytakke, soos die Min en die Jialing, is die belangrikste riviere. Die stad Chongqing is ook in die Rooi Bekken geleë.

Die groter westelike deel bestaan uit die oostelike bergreekse van die Himalajas. Die hoogste berg is die Gongga Shan (7590 meter). Hierdie deel word gereken onder die historiese Tibet.

In Sichuan is die Wolong natuurreservaat, want die grootpanda beskerm wat met uitsterwing bedreig word. In Julie 2006 is dit op die Wêreld Erfenislys (kategorie natuurlike erfenis) geplaas. In die noorde van die provinsie is die Jiuzhaigou Nasionale Park (Nege Dorpsvallei), ook op die Wêreld Erfenislys geplaas.

Bestuursindeling

[wysig |wysig bron]

Die bestuursindeling van Sichuan is as volg:

Nr.NaamHanziHanyu Pinyin
Subprovinsiale stad
9Chengdu成都市Chéngdū Shì
Stadsprefektuur
3Mianyang绵阳市Miányáng Shì
4Guangyuan广元市Gǔangyúan Shì
5Nanchong南充市Nánchōng Shì
6Bazhong巴中市Bāzhōng Shì
7Dazhou达州市Dázhōu Shì
8Ya'an雅安市Yǎ'ān Shì
10Deyang德阳市Déyáng Shì
11Suining遂宁市Sùiníng Shì
12Guang'an广安市Guǎng'ān Shì
13Meishan眉山市Méishān Shì
14Ziyang资阳市Zīyáng Shì
15Leshan乐山市Lèshān Shì
16Neijiang内江市Nèijiāng Shì
17Zigong自贡市Zìgòng Shì
18Yibin宜宾市Yíbīn Shì
19Luzhou泸州市Lúzhōu Shì
21Panzhihua攀枝花市Pānzhīhūa Shì
Outonome prefekture
1Garzê (Tibettaans)甘孜藏族自治州Gānzī Zàngzú Zìzhìzhōu
2Ngawa (Tibettaans & Qiang)阿坝藏族羌族自治州Ābà Zàngzú Qiāngzú Zìzhìzhōu
20Liangshan (Yi)凉山彝族自治州Liángshān Yízú Zìzhìzhōu

Sichuan is verdeel in agttien stadsprefekture en drie outonome prefekture.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)"Doing Business in China – Survey". Ministry Of Commerce – People's Republic Of China.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2014. Besoek op5 Augustus 2013.
  2. (en)"Communiqué of the National Bureau of Statistics of People's Republic of China on Major Figures of the 2010 Population Census [1] (No. 2)". National Bureau of Statistics of China. 29 April 2011. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 27 Julie 2013. Besoek op4 Augustus 2013.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metSichuan.
Provinsies
Outonome streke
Munisipaliteite
Spesiale administratiewe streke
Ander
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Sichuan&oldid=2380500"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp