Shimon Peres (Hebreeus: שמעון פרס ), gebore asSzymon Perski, (2 Augustus1923 in Vishnyeva,Pole – 28 September2016 in Ramat Gan) was 'nIsraelse politikus. Hy was eers lid van die Mapai-party, daarna die Rafi-, die Verbond-, die Arbeidsparty en uiteindlikKadima.
Hy was die Eerste Minister in 1977 (waarnemend), van 1984 tot 1986 en van 1995 tot 1996 gewees. Hy het ook van 2007 tot 2014 die amp van president beklee. Daarbenewens het hy (adjunk-)ministersposte beklee en was hy baie jare lank 'n partyleier. Van 1959 tot 2007 was hy 'n lid van dieKnesset gewees.
Peres het sy mening gewysig en 'n voorstander van die Tweestaatoplossing geword: naas Israel, ook 'nPalestynse staat.