Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Shewa

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die ligging van Shewa in dieKeiserryk Ethiopië.

Shewa (Oromo: Shawaa;Amharies: ሸዋ), voorheenSjoa gespel (Scioà inItaliaans),[1] is ’n historiese streek vanEthiopië en voorheen ’n outonomekoninkryk in dieKeiserryk Ethiopië. Die huidige Ethiopiese hoofstad,Addis Abeba, is in die middel daarvan geleë.

Die kern van Shewa is deel van ’n bergagtige plato in wat nou die sentrale deel van Ethiopië is, maar voor dieZemene Mesafint ("Era van Prinse") en ná die verlies van Bale met die inval van Ahmed Al-Ghazi, was Shewa deel van Ethiopië se suidoostelike grens.

Die dorpe Debre Berhan, Antsokia, Ankober, Entoto en, nadat Shewa ’n provinsie van Ethiopië geword het, Addis Abeba was almal die een of ander tyd die hoofstad van Shewa. Die grootste deel van Noord-Shewa word bewoon deurChristelikeAmhare, terwyl die Gurage in die suidelike deel woon en die oostelike deel grootOromo- en Argobba-Moslem-bevolkings het. Dieklooster van Debre Libanos, wat deur sint Tekle Haymanot gestig is, is in die distrik Selale geleë.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Shoa". Encyclopædia Britannica (11de) 24. (1911). Cambridge University Press. 

Skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Shewa&oldid=2405314"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp