Sherbrooke is 'n stad in die suidooste van dieFranssprekendeKanadese provinsieQuebec met 154 601 inwoners (2011). Dit is die grootste stad in dieEstrie-gebied en die vierde grootste metropolitaanse gebied in die provinsie. Sherbrooke is die ekonomiese, politieke, kulturele en opvoedkundige spilpunt van Estrie (in Engels bekend as die Eastern Townships). In die vroeë 20ste eeu is na die stad verwys asThe Queen of the Eastern Townships.
Die nedersetting is deurEngelssprekende lojaliste uit die Dertien Kolonies gestig en het oorspronklik as Hyatt's Mill bekendgestaan. Dit is in 1818 hernoem tot Sherbrooke - ter ere van Sir John Sherbrooke (1764-1840), 'n Britse generaal wat as luitenant-goewerneur vanNova Scotia (1812-1816) en goewerneur-generaal van Brits-Noord-Amerika gedien het (1816-1818).
Die huidige stadsgebied en sy omgewing is oorspronklik deur die Abenaki, 'n Indiaanse volk, bewoon. Die eerste blanke setlaars in die omgewing van Sherbrooke was Amerikaanse lojaliste wat hulle in 1793 in die gebied gevestig het. Gilbert Hyatt, 'n boer uit Schenectady in die deelstaatNew York, het hier in 1802 'n meelblom- en 'n saagmeul opgerig. Grootskaalse ekonomiese ontwikkeling het begin met die bou van die eerste spoorweg in 1850.[1]
Op 1 Januarie 2002 is die voorstede Ascot, Bromptonville, Deauville, Fleurimont, Lennoxville, Rock Forest en Saint-Élie-d'Orford by Sherbrooke ingesluit.
Sherbrooke is geleë by die samevloeiing van die Saint-François- en Magogriviere. Dit is 'n belangrike landbougebied vir melkboerdery. Die plaaslike hokkiestokbedryf is die grootste ter wêreld.
Sherbrooke Village is 'n outentieke dorp en opelugmuseum uit die sestigerjare van die 19de eeu. Houtwerkers en skeepsbouers wys hier die ou ambagte en tegnieke van die pioniers. Die gerestoureerde geboue sluit 'n kunswinkel, woonhuise, 'n apteek, 'n poskantoor en die ou kerk in.