Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Sfinks

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
DieGroot Sfinks van Giza, met dieGroot Piramide op die agtergrond.

'nSfinks (Grieks: σφίγξ,spʰíŋks) is 'nmitiese wese met die kop van 'nmens, die liggaam van 'nleeu en die vlerke van 'nvalk.

In dieGriekse tradisie het 'n sfinks die kop van 'n vrou, die lyf van 'n leeu en die vlerke van 'nvoël. Sy is verraderlik en genadeloos, en sal enigiemand wat nie haar raaisel kan oplos nie doodmaak en eet.[1] Dié dodelike weergawe van 'n sfinks kom voor in die mite vanOidipus.[2]

Anders as die Griekse sfinks was dieEgiptiese sfinks 'n man. Daarbenewens is die Egiptiese sfinks beskou as goedgunstig, maar met 'n boosaardige krag soortgelyk aan dié van die Griekse weergawe. Albei is as oppassers beskou en het dikwels die ingange na tempels bewaak.[3]

In Europese sierkuns het die sfinks gedurende dieRenaissance 'n groot oplewing beleef. Later is die sfinksbeeld, aanvanklik baie soortgelyk aan die oorspronklike antieke Egiptiese begrip, na baie ander kulture uitgevoer, maar dit is dikwels anders vertolk vanweë die vertalings van die beskrywings van die oorspronklike en deur die evolusie van die begrip met betrekking tot ander kulturele tradisies.

Die uitbeelding van sfinkse word dikwels verbind metargitektoniese strukture soos koninklike grafte en godsdienstige tempels.

Egipte

[wysig |wysig bron]

Die grootste en bekendste sfinks is dieGroot Sfinks van Giza, wat geleë is op die Gizaplato langs dieGroot Piramide van Giza aan die wesoewer van dieNylrivier. Dit lê suidoos van die piramides. Terwyl die oprigtingsdatum nie vir seker bekend is nie, is die algemene mening dat die gesig die ewebeeld van faraoChafra is en die beeld dus uit tussen 2600 en 2500 v.C. dateer.

Dit is nie bekend wat die Sfinks genoem is toe dit gebou is nie, maar 'nstele uit 1400 v.C. van faraoToetmoses IV noem die name van drie aspekte van die plaaslike songod van dié tydperk, naamlikChepri-Ra-Atoem. Baie farao's het hulle gesigte laat uitkerf op die wagterstandbeelde van hulle grafte om hulle noue verband met die magtige songodSechmet, 'n leeuwyie, te wys.

Europa

[wysig |wysig bron]
La Granja, Spanje, middel 18de eeu.

Die herresemaniëristiese sfinks van die laat 15de eeu word soms as die "Franse sfinks" beskou. Haar kop met die hooftooisel is regop en sy het die borste van 'n jong vrou. Sy dra dikwels pêrels en ander ornamente.

Die eerste voorkoms van sfinkse in Franse kuns is in die Skool van Fontainebleau in die 1520's en 1530's, en sy kom voor tot in die laat Barokstyl van die FranseRégence (1715-1723). Van Frankryk af het sy deurEuropa versprei na tuine inWene,Potsdam,Spanje enPortugal.

Caresses (1896) deur Fernand Khnopff, 'n uitbeelding van Oidipus en die Sfinks.[4]

Griekeland

[wysig |wysig bron]

In dieBronstydperk het die Grieke handels- en kulturele kontak met Egipte gehad. Voor die besetting vanAlexander die Grote van Egipte is die Griekse naam "sfinks" reeds vir standbeelde gebruik.

Daar was 'n unieke "Sfinks" in dieGriekse mitologie, 'n demoon van vernietiging en slegte geluk.Apollodorus beskryf die Sfinks as iemand met 'n vrou se gesig, die lyf en stert van 'n leeu en die vlerke van 'n voël.[5]

Die Sfinks van Naxos op sy pilaar van 12,5 m,Delphi, 560 v.C.

Die sfinks se raaisel

[wysig |wysig bron]

Die sfinks het glo die ingang na die Griekse stadThebe bewaak en aan reisigers 'n raaisel gevra wat hulle moes antwoord om toegang tot die stad te kry. Die vroeë vertellers van die mite het nie die raaisel genoem nie, en die een hier onder kom laat uit die Griekse geskiedenis.[6]

Volgens latere mites hetHera ofAres die Sfinks van haar tuislandAethiopia na Thebe gestuur, waar sy verbygangers die beroemdste raaisel in die geskiedenis gevra het: "Watter wese het een stem, maar word vier-, twee- en drievoetig?" Sy het enigeen verwurg wat nie kon antwoord nie.

Oidipus het die raaisel opgelos deur te antwoord: "Die mens, wat kruip as 'n baba, dan op twee voete loop as 'n volwassene, en dan 'n kierie gebruik as hy oud is."[5]

Omdat sy oorwin is, het die Sfinks van 'n hoë rots gespring en gesterf;[7] in sommige weergawes het Oidipus haar doodgemaak.[8] Oidipus kan dus beskou word as 'n oorgangsfiguur van die ou godsdienspraktyke, wat deur die dood van die Sfinks verteenwoordig word, na die opkoms van die nuwe 12Olimpiese gode.

Die raaisel in moderne kultuur

[wysig |wysig bron]

InJean Cocteau se hervertelling van die Oidipus-legende, die toneelstukThe Infernal Machine, vertel die Sfinks aan Oidipus die antwoord op die raaisel sodat sy haarself kan doodmaak en nie iemand anders nie, asook sodat hy haar kan liefhê. Hy gaan weg sonder om haar eens vir die oplossing van die raaisel te bedank. Die toneel eindig waar die Sfinks enAnoebis na die hemel opstyg.

Daar ismitiese,antropologiese,psigoanalitiese en ander vertolkings van die Sfinks se raaisel en Oidipus se oplossing daarvan.Sigmund Freud sê die raaisel was "die vraag waar babas vandaan kom".[9]

Talle raaiselboeke gebruik die Sfinks in hulle titel of illustrasies.[10]

  • Begrafnisstele. 530 v.C., Griekeland.
    Begrafnisstele. 530 v.C.,Griekeland.
  • Rooifiguurvaas. 5de eeu v.C., Italië.
    Rooifiguurvaas. 5de eeu v.C.,Italië.
  • Begrafnisstele met twee sfinkse. 5de eeu v.C., Griekeland.
    Begrafnisstele met twee sfinkse. 5de eeu v.C., Griekeland.
  • 'n Pilaareindpunt van marmer in die vorm van 'n sfinks. 530 v.C.
    'n Pilaareindpunt van marmer in die vorm van 'n sfinks. 530 v.C.
  • Sfinkse op 'n srakofaag in Libanon. 430-420 v.C.
    Sfinkse op 'n srakofaag inLibanon. 430-420 v.C.

Asië

[wysig |wysig bron]
'n Boeddhistesfinks op 'nstoepa, Bharhut,Indië. 1ste eeu v.C.[11]

'n Mitologiese figuur met die lyf van 'n leeu en die kop van 'n mens is teenwoordig in die tradisies, mitologie en kuns vanSuid- enSuidoos-Asië.[12] Dit is onder verskeie name bekend, soospuruṣamr̥ga (Sanskrit, "mens-dier"),purushamirugam (Tamil, "mens-dier"),naravirala (Sanskrit, "mens-kat") in Indië, ofnara-simha (Sanskrit, "mens-leeu") inSri Lanka,manussiha ofmanutthiha (Pali, "mens-leeu") inMyanmar ennora nair ("mens-leeu") inThailand. Nes die "nara-simha" het laasgenoemde egter die gesig van 'n leeu en die lyf van 'n mens.

'n Indiese sfinks hou wag by die ingang na die Shri Shiva Nataraja-tempel in Chidambaram.

In teenstelling met die sfinkse van Egipte, Mesopotamië en Griekeland, waarvan die tradisies grootliks verlore gegaan het weens onderbrekings in die beskawing,[13] is die tradisies wat met die "sfinkse" van Asië verband hou, vandag nog lewendig. Die vroegste artistieke uitbeeldings van "sfinkse" op die Suid-Asiatiese subkontinent is in 'n mate beïnvloed deurHellenistiese kuns en geskrifte. Dit kom uit 'n tydperk toe Boeddhistiese kuns deur 'n fase van Hellenistiese invloed gegaan het. Baie sfinkse kan gesien word op diestoepa van Bharhut in Indië, wat van die 1ste eeu v.C. dateer.[11]

In Suid-Asië is die "sfinks" bekend aspuruṣamr̥ga (Sanskrit) ofpurushamirugam (Tamil), wat beteken "mens-dier". Dit word aangetref as beelde in tempels en paleise, waar dit 'n afwerende doel dien, nes die "sfinkse" in ander dele van die antieke wêreld.[14] Dit neem glo die sondes weg van die aanbidders wanneer hulle die tempel binnegaan en keer die bose weg.

In die distrik Kanya Kumari aan die suidpunt van die Indiese subkontinent, hardloop gelowiges 75  km in die nag vanShiva Ratri, terwyl hulle 12 Shiva-tempels besoek en daar aanbid. Dié "Wedloop vir Shiva" word uitgevoer as 'n viering van die storie van die wedloop tussen die Sfinks enBhima, 'n held van die eposMahabharata.

In Birma (Myanmar) is die sfinksagtige standbeelde, met die kop van 'n mens en twee agterlywe van 'n leeu, bekend asManussiha (manuthiha). Dit word op die hoeke van Boeddhistiese stoepas aangetref en die legende daarvan vertel dat dit deur Boeddhistemonnike geskep is om te keer dat 'n pas gebore koninklike baba deur dierasies geëet word.

Nora Nair, Norasingh en Thep Norasingh is drie van die name waaronder die "sfinks" inThailand bekend is. Hulle word uitgebeeld as wesens wat regop loop, met die onderlyf van 'n leeu ofbok en die bolyf van 'n mens. Hulle word dikwels in pare van mans en vroue aangetref. Hulle speel ook 'n beskermende rol. Hulle word ook aangetref onder die mitologiese wesens wat die reekse van die heilige berg Himapan bewoon.[15]

Galery

[wysig |wysig bron]
  • 'n Maanhaarsfinks van Amenemhat III. 12de Dinastie, omstreeks 1800 v.C. Staatsmuseum van Egiptiese Kuns, München.
    'n Maanhaarsfinks vanAmenemhat III.12de Dinastie, omstreeks 1800 v.C. Staatsmuseum van Egiptiese Kuns,München.
  • 'n Egiptiese sfinks uit Tivoli. 1ste eeu n.C. Staatsmuseum van Egiptiese Kuns, München.
    'n Egiptiese sfinks uitTivoli. 1ste eeu n.C. Staatsmuseum van Egiptiese Kuns, München.
  • Pilaarbasis in die vorm van twee sfinkse. Van Sam'al. 8ste eeu v.C. Museum van die Antieke Ooste, Istanboel.
    Pilaarbasis in die vorm van twee sfinkse. Van Sam'al. 8ste eeu v.C. Museum van die Antieke Ooste,Istanboel.
  • Hetitiese sfinks. Basalt. 8ste eeu v.C. Van Sam'al. Museum van die Antieke Ooste, Istanboel.
    Hetitiese sfinks.Basalt. 8ste eeu v.C. Van Sam'al. Museum van die Antieke Ooste, Istanboel.
  • 'n Sfinks met vlerke uit die paleis van Darius die Grote in die Achaemenidiese Ryk. Susa, 480 v.C.
    'n Sfinks met vlerke uit die paleis vanDarius die Grote in dieAchaemenidiese Ryk.Susa, 480 v.C.
  • 'n Tipiese Egiptiese sfinks met die kop van 'n mens (Museo Egizio, Turyn).
    'n Tipiese Egiptiese sfinks met die kop van 'n mens (Museo Egizio,Turyn).
  • 'n Sfinks van die Egiptiese farao Hatsjepsoet, 1503-1482.
    'n Sfinks van die Egiptiese faraoHatsjepsoet, 1503-1482.
  • Klassieke Régence-tuin met 'n sfinks, Château Empain, België.
    Klassieke Régence-tuin met 'n sfinks, Château Empain,België.
  • Ingres se Oidipus en die Sfinks (1808, 1827).
    Ingres seOidipus en die Sfinks (1808, 1827).
  • 'n Sfinks op die Plaza de los Emperadores, Madrid.
    'n Sfinks op die Plaza de los Emperadores,Madrid.
  • 'n Marmersfinks op 'n pilaar, Attic, omstreeks 580-575 v.C.
    'n Marmersfinks op 'n pilaar, Attic, omstreeks 580-575 v.C.
  • 'n Irannese bronsbeeld in die vorm van 'n Gopat (soortgelyk aan 'n sfinks), Cleveland-kunsmuseum.
    'n Irannese bronsbeeld in die vorm van 'n Gopat (soortgelyk aan 'n sfinks), Cleveland-kunsmuseum.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Dr. J's Lecture on Oedipus and the Sphinx". People.hsc.edu. Besoek op15 Mei 2014.
  2. Kallich, Martin. "Oedipus and the Sphinx." Oedipus: Myth and Drama. N.p.: Western, 1968. N. pag. Druk.
  3. Stewart, Desmond. Pyramids and the Sphinx. [S.l.]: Newsweek, U.S., 72. Druk.
  4. Royal Museums of Fine Arts of Belgium (2017)."Caresses". Google Arts and Culture.
  5. 12Apollodorus, LibraryApollodorus. 3.5.8
  6. Edmunds, Lowell (1981).The Sphinx in the Oedipus Legend. Königstein im Taunus: Hain.ISBN 3-445-02184-8.
  7. Apollod. 3.5.8
  8. "Sphinx"Hornblower, Simon (2012).Oxford Classical Dictionary. Anthony Spawforth, Esther Eidinow. Oxford University Press.
  9. 'An Autobiographical Study', Sigmund Freud, W. W. Norton & Company, 1963,p.39
  10. Regier,Book of the Sphinx, chapter 4.
  11. 12Kosambi, Damodar Dharmanand (2002).Combined Methods in Indology and Other Writings (in Engels). Oxford University Press. p. 459.ISBN 9780195642391.
  12. Deekshitar, Raja. "Discovering the Anthropomorphic Lion in Indian Art." inMarg. A Magazine of the Arts. 55/4, 2004, p.34-41;Sphinx of India.
  13. Demisch, Heinz (1977).Die Sphinx. Geschichte ihrer Darstellung von den Anfangen bis zur Gegenwart. Stuttgart.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)
  14. Demisch, Heinz (1977).Die Sphinx. Geschichte ihrer Darstellung von den Anfangen bis zur Gegenwart. Stuttgart.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)
  15. "Thep Norasri". Himmapan.com. Besoek op15 Mei 2014.

Skakels

[wysig |wysig bron]
Normdata: NasionaalEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Sfinks&oldid=2831404"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp