Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Sevilla

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Sevilla

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Spanje Spanje
 Administratiewe gewesAndalusië
 Provinsie Sevilla
 Koördinate37°23′N5°59′W /37.383°N 5.983°W /37.383; -5.983
 Stigting45 v.C.
 Oppervlakte: 
 - Totaal140vk km
 Hoogte bo seevlak7 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2021)684 234
 - Bevolkingsdigtheid4 900/vk km
 TydsoneUTC +1 (MET)
 -SomertydUTC +2 (MEST)
 BurgemeesterAntonio Muñoz (PSOE)
 Amptelike webwerfwww.sevilla.org

Sevilla (Spaans: [seˈβiʎa],luister(hulp·inligting)) is 'n stad inSuid-Spanje en die hoofstad van die outonome gewesAndalusië en die gelyknamige provinsie. Sevilla is aan die oewers van die bevaarbareGuadalquivirrivier in 'n uitgestrekte en vrugbare vlakte geleë. Die stad is volgens 'n antieke legende deur die Griekse heldHerakles gestig.

DieGuadalquivir in Sevilla

Vandag is Sevilla die vierde grootste stad in Spanje en 'n beduidende nywerheids- en handelstad asook 'n gewilde toeristebestemming. Die stadshorison word deur talle historiese torings oorheers. Die oorspronklike stadsentrum is aan die oostelike oewer van die Guadalquivir geleë, terwyl die groot voorstad Triana aan die westelike oewer ontstaan het.

Aangesien Andalusië sowat agt eeue lank onder Moorse heerskappy gestaan het, toon Sevilla se boukuns veral hulle argitektoniese invloede. Die stad was egter al voor die Moorse verowering 'n beduidende kulturele sentrum. Die warm klimaat en die vrugbare land het Fenisiërs, Kartagers en Romeine na die gebied gelok. Twee Romeinse keisers,Trajanus enHadrianus, was boorlinge van hierdie streek. Later hetChristophorus Columbus sy ontdekkingsreis begin, waartydens hy onbewustelik dieNuwe Wêreld sou ontdek, deur vanuit 'n nabygeleë hawe te vertrek.

Op 'n kulturele gebied word Sevilla vandag met die legendariese heldin "Don Juan", Prosper Merimée se operaCarmen (die naamgewende hoofkarakter is 'n werker in Sevilla se ou tabakfabriek wat intussen tot 'n universiteit omskep is), stiergevegte en die beroemdeflamenco-dans vereenselwig. Dit was een van die gasheerstede tydens dieFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
HierdieSpanje-verwante artikel is 'nsaadjie. U kan help deur dituit te brei.
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Sevilla&oldid=2863273"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp