Serium is 'n chemiese element met simbool (Ce). Dit is die mees algemene element van dielantanoiede en ook die eerste wat in suiwere vorm vervaardig is. William F. Hildebrand het dit in 1875 gepubliseer.[1]
Die element kan uit 'n mineraalbastnäsiet verkry word, maar dit kom ook voor inpikblende, 'n bekende uraanerts en inmonasiet wat ook ander lantanoiede bevat.[1]
Serium onderskei hom van ander lantanoïede omrede van sy vermoë om vierwaardige verbindings te vorm. Dit hang saam met die feit dat die elektronkonfigurasie van 'n neutrale seriumatoom in sy grondtoestand [Xe]6s25d14f1is. Gewoonlik vorm Ln-metale met fluoor driewaardige fluoriedeLnF3 omdat hulle die s- en d-elektrone verloor maar nie hulle f-elektrone nie. Serium reageer teen kamertemperatuur verder en verloor sy een f-elektron:[2]
Serium is nie heeltemal uniek nie.Terbium kan ookTbF4 vorm maar dit vereis temperature van 300-400 °C.
Die oranjegeelCe4+-ioon is stabiel in water. Dit is 'n sterk oksideermiddel en word in redoks-titrasies gebruik. DieCe3+-ioon is kleurloos.
'n Allooi van ontrent 40% Ce, 25% La en 25% ander lantanoiede wat uit die ertse verkry word, wordmischmetal genoem en dit word gebruik in aanstekers om vonke te veroorsaak. Dit word ook in die staalnywerheid gebruik.[1]
↑"L". in: Concise Encyclopedia Chemistry. Berlin, New York: De Gruyter. 1994. pp. 579–608.doi:10.1515/9783110854039.579.
↑Karkhaneh, Sara, Latifi, Seyed Mahdi, Kashi, Eslam and Salehirad, Alireza. (2023). ""Promotional effects of cerium and titanium on NiMn2O4 for selective catalytic reduction of NO by NH3"".International Journal of Chemical Reactor Engineering.21 (7): 835–843.doi:10.1515/ijcre-2022-0072.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)