Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Septeeboom

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Septeeboom
Wetenskaplike klassifikasieedit
Domein:Eukaryota
Koninkryk:Plantae
Klade:Tracheofiete
Klade:Angiospermae
Klade:Eudicots
Klade:Asterids
Orde:Boraginales
Familie:Boraginaceae
Genus:Cordia
Spesie:
C. caffra
Binomiale naam
Cordia caffra
Sond., (1850)
Sinonieme
  • Cordia erosaSond.
  • Cordia natalensisSond.
  • Cordia rogersiiHutch.
  • Cordia zeyheriSond.
  • Gerascanthus caffra(Sond.) Borhidi
  • Lithocardium caffrumKuntze

Diesepteeboom (Cordia caffra) is 'nboom wat merendeels as 'nstruik groei maar word 'n middelgroot boom op die rante van woude. Hulle aard nie in woude nie want hulle het genoegsame lig nodig om te groei. Diespesie kom vanaf dieOos-Kaap,KwaZulu-Natal,Mpumalanga tot byLimpopo voor. Dit is ookinheems inBotswana,Eswatini,Madagaskar,Mosambiek enNamibië. Die boom se FSA-nommer is 652.[1]

Botswana, Cape Provinces, KwaZulu-Natal, Madagascar, Mozambique, Namibia, Northern Provinces, Swaziland

Blare en vrugte

[wysig |wysig bron]

Dieblare is enkelvoudig, afwisselend en word op lang, dun blaarstele gedra. Die boom het 'n welriekende,wit, klokvormigeblom van sowat 10 cmlank. Dievrug is 1,2 cm in deursnee en isoranje wanneer dit ryp is. Die vrug word omsluit deur die blomkelk wat dikwels aan die boom bly nadat die vrug afgeval het.

Bas

[wysig |wysig bron]

Diebas is glad en lyk asof dit geverf of vernis is - kenmerkend van die boom. Die bas skilfer ook onreëlmatig af sodat dit herinner aan 'nlekkerbreek ofkoejawelboom.

Fotogalery

[wysig |wysig bron]
  • Bas
    Bas
  • Loof en blomme
    Loof en blomme
  • Blomme
    Blomme
  • Vrugte
    Vrugte

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Bronne

[wysig |wysig bron]
Taksondatabasisse
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Septeeboom&oldid=2695558"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp