Vlag van die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms Lidlande van die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms Lidlande van die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms:██ Huidige lidlande██ Voormalige lidlande DieSentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms (SEVO ,Engels :Central European Free Trade Agreement ,CEFTA ) is 'n vryhandelssone van agtEuropese lande met politieke en ekonomiese samewerkingsooreenkomste. Die SEVA is op21 Desember 1992 inKrakow ,Pole , deurHongarye ,Pole en die voormaligeTsjeggo-Slowakye gestig. Op1 Januarie 1996 hetSlowenië , op 1 Januarie1997 Roemenië , op 1 Januarie1999 Bulgarye , op 1 Januarie2003 Kroasië , op 1 Januarie2006 Masedonië en op 1 Januarie2007 Albanië ,Bosnië-Herzegowina ,Kosowo ,Moldowa ,Montenegro enSerwië by die SEVO aangesluit. Op1 Mei 2004 hetHongarye ,Pole ,Slowakye ,Slowenië enTsjeggië , op 1 Januarie2007 Bulgarye enRoemenië en op 1 Julie 2013 hetKroasië die SEVO verlaat. Huidige lidlande isAlbanië ,Bosnië-Herzegowina ,Kosovo ,Masedonië ,Moldowa ,Montenegro enSerwië en voormalige lidlande isBulgarye ,Hongarye ,Pole ,Roemenië ,Slowakye ,Slowenië enTsjeggië , wat by dieEuropese Unie aangesluit het.