Ligging van Sentraal-AmerikaKaart van Sentraal-Amerika
Sentraal-Amerika (Engels:Central America,Spaans:América Central,Centroamérica) word soms as die suidelikste deel vanNoord-Amerika beskou en soms as 'n aparte gebied in sy eie reg; in elk geval vorm dit 'nlandbrug tussen Noord- enSuid-Amerika. Dit streek vanafMeksiko in die noordweste totColombia in die suidooste. Sentraal-Amerika word deur dieKaribiese See in die noordooste en dieStille Oseaan in die suidweste begrens, albeiseë word deur diePanamakanaal met mekaar verbind. In Nicaragua is dieNicaraguameer geleë, Sentraal-Amerika se grootstemeer.