'nSensus is die proses van inligting insamel aangaande elke lid van 'n bevolking (nie noodwendig 'nmenslike bevolking nie). Dit staan teenoormonsterneming (steekproefneming), waarin inligting oor slegs 'n deel van 'n bevolking ingesamel word. Om hierdie rede is dit 'n metode wat gebruik word omstatistiese data te versamel, en is baie belangrik indemokrasie (stemming).
InAntieke Rome is sensusse gebruik ombelasting mee te bepaal. Die woordsensus kom van die Romeinsesensor, wat in beheer was van die telling van die Romeine bevolking en die bepaling van belastingkoerse. In dieBybel beskryf die boekNumeri sensusse wat deur God vereis is toeMoses die uitverkore volk uitEgipte gelei het. KoningDawid vanIsrael het 'nvolkstelling beveel soos in1 Kronieke 21 beskryf, wat sterk deur God en sy onderdane afgekeur was. Die rede hiervoor is nie heeltemal duidelik nie, maar konserwatiewe en evangeliese Bybelgeleerdes glo dat God nie die Verenigde Koninkryk onder Konings Dawid enSalomo op sy eie mag tydens oorlog wou laat vertrou nie. 'n Ander rede wat gegee word is dat, soos in die Romeinse en Egiptiese sensusse, die sensus gebruik sou word om belasting te bepaal. 'n Romeinse sensus word ook inLukas van dieNuwe Testament genoem.
Elke land het sy eie buro van statistiek wat sensusse afneem. InSuid-Afrika word dit elke vyf jaar deurStatistiek Suid-Afrika afgelê en verwerk.