Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Senone

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Kaart vanGallië in die 1ste eeu v.C. wat die posisies van dieKeltiese stamme aandui.

DieSenone,Senones ofSenonii (Gallies: "Die ou mense") was 'n antieke Galliese stam wat rondom dieSeine-rivierkom gewoon het (in hedendaagse Sens, in Frankryk) gedurende die La Tène-tydperk van dieEuropese ystertydperk en dieRomeinse tydperk.

'n Deel van die Senone het hulle in die Italiaanse Skiereiland gevestig, waar hulle dieUmbriërs tussenAriminum (hedendaagse Rimini) en Ancona verdryf het. Hulle word in klassieke bronne beskryf as die leiers van die Galliese oorlogsbende watRome tydens die Slag van die Allia in 390 v.C. verower het. Hulle het 'n konstante bedreiging gebly totdat Rome hulle uiteindelik in 283 v.C. onderwerp het, waarna hulle uit die geskiedenisboeke verdwyn het.[1]

Naam

[wysig |wysig bron]

Polubios (2de eeu v.C.) noem die stamSḗnōnes (Σήνωνες) enSḗnōnas (Σήνωνας).[2]Caesar (middel-1ste eeu v.C.) noem hulle dieSenonii,[3] enDiodorus Siculus (1ste eeu v.C.) noem die stamSénnōnes (Σέννωνες),[4] terwylStrabo (vroeë 1ste eeu n.C.) hulleSénōnes (Σένωνες) noem[5] enPlinius (Iste eeu n.C.) hulle aangee asSenones.[6]Ptolemeus (2de eeu n.C.) noem die stamSénones (Σένονες)[7] enAmmianus (4de eeu n.C.) gee hulle aan asSenones.[8][9]

DieGalliese etnoniemSenones word oor die algemeen geïnterpreteer as 'die oues', deur die naam af te lei van die Proto-Keltiese wortel*sen - ('oud'; vgl. Oudierssen; Middel -Wallieshen 'oud') uitgebrei deur die agtervoegsel -on-es.[10][11] Pierre-Yves Lambert het 'n etomologie voorgestel uit die wortel *sen(H)-, wat 'verower, onderwerp, vernietig, verpletter' beteken.[12] In antieke tye hetServius die naam vergelyk met die Griekse ξενός ('gas-vriend, gasheer, vreemdeling').[13]

Die stad Sens, in die 4de eeu n.C. aangehaal asSenonas oppidum ('oppidum van die Senone'), is vernoem na die Galliese stam.[14]

Geografie

[wysig |wysig bron]

Die Senone van Gallië het rondom hulle hoofstadAgedincum (hedendaagse Sens, in Frankryk) gewoon.[14]

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]
Die bevolkings van noord-Italië in die 4de tot 3de eeue v.C.
Die bevolkings ten tyde van die Picenteense-oorlog 269-267 v.C.

In Gallia Cisalpina

[wysig |wysig bron]

Die Senone het by Bellovesus se migrasie na Italië aangesluit in omstreeks 600 v.C., saam met die Aeduii, Ambarri, Arverni, Aulerci en Carnute.[15]

In 400 v.C. het hulle dieAlpe oorgesteek en Italië binnegeval tot by Rome, wat hulle toe geplunder het. Hulle het teruggetrek en dieUmbriërs verdryf en hulle aan die ooskus vanItalië gevestig. Hulle gebied het gestrek van Forlì tot Ancona en Terni, inPicenum of wat later dieAger Gallicus was. Hulle het Senigallia gestig, wat hul hoofstad geword het, en noordelikePicenum beset. In 391 v.C., onder die hoofman, Brennus, het hulleEtrurië binnegeval en Clusium beleër. Die Clusine het 'n beroep opRome gedoen om hulp. Die Romeine het ondersteuning verleen, wat 'n oortreding van die nasieswet was. Die daaropvolgende oorlog het gelei tot die nederlaag van die Romeine tydens die Slag van die Allia (390 v.C.) en die plundering van Rome.

Vir meer as 100 jaar was die Senone gewikkel in Romeins-Galliese oorloë, totdat die Galliërs in 284 v.C. Arretium beleër het, die Etruskiese stad wat in 294 v.C. 'n wapenstilstand van 40 jaar met die Romeine aangegaan het. Die Romeine het die dorp te hulp gesnel en is tydens 'n veldslag onder die stadsmure verslaan. Rome het ambassadeurs na die Galliërs gestuur, maar hulle is vermoor. Die praetor Caecilius is saam met 'n leër gestuur om hulle moord te wreek, maar hy is deur die Etruskers en Galliërs vermoor, saam met 7 soldate en baie adellikes.[16][17] Uiteindelik hetP. Cornelius Dolabella die Senone in 283 v.C. uit hul gebied verdryf.[18]

Dit is moontlik dat die Senone by Galliese stamme aangesluit het en sodoende versprei het rondom dieDonau,Masedonië enAnatolië. Sena Gallica (tans Senigallia) het 'n Romeinse kolonie geword, om dit te onderskei van Sena Julia (Siëna) in Etrurië.

In Gallia Transalpina

[wysig |wysig bron]

'n Tak van die Senone (of 'n ander stam met dieselfde naam) wat hul vanaf 53-51 v.C. gevestig het in die distrik (wat vandag diedepartementeSeine-et-Marne,Loiret enYonne insluit) was in vyandelikhede gewikkel metJulius Caesar, wat veroorsaak is deur hulle uitsetting van Cavarius, wat hy as koning oor hulle aangestel het. In 51 v.C. het 'n Senoniër genaamd Drappes die Provincia gedreig, maar is gevange geneem en dood as gevolg van 'n hongerstaking. Vanaf hierdie tyd verdwyn die Galliese Senone uit die geskiedenisboeke. In latere tye is hulle opgeneem in Gallia Lugdunensis. Hulle hoofdorpe was Agedincum (later Senones, waarvan Sens afgelei is), Metiosedum (Melun; volgens A. Holder, Meudon) en Vellaunodunum (ligging onseker).

Kultuur

[wysig |wysig bron]

Hulle kontak met dieItaliese bevolkings en sterkEtruskiese invloede het 'n tweerigting-kulturele osmose geskep wat 'n mate van integrasie met die inheemse bevolkings aandui, soms deur gemengde huwelike, soos byvoorbeeld die progressiewe Hellenisering van die Senone met die aanvaarding van tipiese gebruike van die Italiërs soos die verbruik van wyn en die ritueel van diesimposium, en die verskyning van tipiese Keltiese artefakte soos swaarde en skedes van die La Tène-tipe in die Picene-nekropole van Numana, Arcevia, Camerano en San Filippo di Osimo. Hul teenwoordigheid in die Piceno-gebied, insluitend die vroeë tydperk onmiddellik na die nederlaag van die Senone en hul bondgenote, word gestaaf deur die inhoud van die grafte, veral begrafniskostuums. Die nedersettings is egter nie opgegrawe nie.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Salmon & Potter 2016.
  2. Polubius.Historíai, 2:17:7, 19:10, 20:1, 21:7.
  3. Caesar.Commentarii de Bello Gallico, 2:2.
  4. Diodorus Siculus.Bibliotheca historica, 14:113:3.
  5. Strabo.Geōgraphiká, 4:3:5.
  6. Plinius.Naturalis Historia, 4:107.
  7. Ptolemeus.Geōgraphikḕ Hyphḗgēsis, 2:8:9.
  8. Ammianus Marcellinus.Res Gestae, 15:11:11.
  9. Falileyev 2010, s.v.Senones.
  10. Delamarre 2003, p. 270.
  11. Matasović 2009, p. 330.
  12. Lambert 1994, p. 34.
  13. Lambert 2005, s.v. Σένονες.
  14. 14,014,1Nègre 1990, p. 157.
  15. Livius,Ab Urbe condita 5.34-35.3.
  16. Polubios, Geskiednisse 2: 19: 7-10).
  17. Paulus Orosius, History against the Pagans', 3: 22
  18. Polubios, Galliese Oorloë, 2.13

Bronnelys

[wysig |wysig bron]
  • Delamarre, Xavier (2003).Dictionnaire de la langue gauloise: Une approche linguistique du vieux-celtique continental. Errance.ISBN 9782877723695.
  • Falileyev, Alexander (2010).Dictionary of Continental Celtic Place-names: A Celtic Companion to the Barrington Atlas of the Greek and Roman World. CMCS.ISBN 978-0955718236.
  • Lambert, Pierre-Yves (1994).La langue gauloise: description linguistique, commentaire d'inscriptions choisies. Errance.ISBN 978-2-87772-089-2.
  • Lambert, Pierre-Yves (2005). "The place names of Lugdunensis [Λουγδουνησία]". In de Hoz, Javier; Luján, Eugenio R.; Sims-Williams, Patrick (reds.).New approaches to Celtic place-names in Ptolemy's Geography. Ediciones Clásicas. pp. 215–251.ISBN 978-8478825721.
  • Matasović, Ranko (2009).Etymological Dictionary of Proto-Celtic. Brill.ISBN 978-90-04-17336-1.
  • Nègre, Ernest (1990).Toponymie générale de la France. Librairie Droz.ISBN 978-2-600-02883-7.
  • Salmon, Edward T.; Potter, T. W. (2016), Senones, Drukpers van die Universiteit van Oxford, doi:10.1093/acrefore/9780199381135.013.5824, ISBN 978-0-19-938113-5 

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Senone&oldid=2717722"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp