Seesterre (Asteroidea) is 'nklasongewerweldes wat hoort tot diefilumEchinodermata ofstekelhuidiges. Hulle kom slegs in die mariene omgewing voor; van vlak tot diep water. Aan die onderkant is 'n ronde skyf waarin die bek voorkom en daar is gewoonlik arms wat in groepe van vyf van die skyf uitgroei. Partyspesies kan tot 40 arms hê. Sommige spesies lyk meer soos 'npentagoon en die arms is nie duidelik nie. Onderaan elke arm is strekbare buise wat buispote genoem word. By baie eindig die buispote in klein suiertjies.
Die diertjie het nie 'n brein nie maar selle in die vel neem die omgewing waar en stuur seine deur 'n netwerk van senuwees wat tot 'n reaksie lei van die seester.
- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014ISBN 978-1-77584-018-3