Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Seeperd

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanafSeeperdjie)

Seeperd
Tydperk:Mioseen tot hede –23–0 m. jaar gelede
Hippocampus hippocampus
Wetenskaplike klassifikasiee
Domein:Eukaryota
Koninkryk:Animalia
Filum:Chordata
Klas:Actinopterygii
Orde:Syngnathiformes
Familie:Syngnathidae
Subfamilie:Hippocampinae
Genus:Hippocampus
Rafinesque, 1810[1][2]
Tipespesie
Hippocampus heptagonus
Rafinesque, 1810
Spesies

Sien teks.

Sinonieme

'nSeeperd is enige van 46 spesies klein marienevisse in dieHippocampusgenus. Die woord "Hippocampus" kom vanOu GrieksSjabloon:Transliteration (ἱππόκαμπος), wat self vanSjabloon:Transliteration (ἵππος) kom, wat "perd" beteken enSjabloon:Transliteration (κάμπος) wat "see monster" beteken[4][5] of "see dier".[6]

Met 'n kop en nek wat soos 'nperd lyk, seeperde het ook gesegmenteerde benige wapenrusting, 'n regop houding en 'n gekrulde vatstert.[7] Saam met diepypvisse en seedrake (Phycodurus enPhyllopteryx) vorm hulle dieSyngnathidae familie.

Hierdie diertjies swem gewoonlik met die romp in 'n vertikale houding, maar hulle kan ook op hul rûe swem as hulle vinniger wil beweeg.

Hippocampinae

Wanneer hy rus, anker die dier hom met sy grypstert aan ’n voorwerp, net soos 'n slingeraap aan 'n tak. Die buidelsak van die mannetjie kom in sy stert voor. Gedurende die paartyd word 'n sponsagtige weefsel hierin gevorm wat die eiers van voedsel ensuurstof moet voorsien. Die eiers besit geen ander bron van suurstof nie; die buidelsak is so lugdig dat dit selfs opswel indien daar dooie larwes in is wat 'n verrottingsgas laat ontstaan.

Die sponsagtige weefsel vervul dus in baie opsigte dieselfde funksie as dieplasenta bysoogdiere. Wanneer die larwes uit die eiers kom, bly hulle 'n tyd lank in die buidelsak voordat die mannetjie hulle deur die opening van die sak na buite pers. Die uitpers gaan gepaard met krampagtige bewegings wat aan 'n waregeboorteproses herinner.

Net soos in die geval van diekangaroe is die kleintjies na vrylating uit die buidelsak nie volkome onafhanklik nie; by die geringste teken van gevaar vlug hulle terug na die mannetjie. Die seeperde maak slegs op kriptiese kleurpatrone staat vir beskerming en geensins op vaart nie. Daar is geskat dat 'n seeperd met ’n maksimum snelheid van 0,5 cm per sekonde swem. Die algemene status van seeperde is onseker. Sommige mense reken dat dielangneusseeperd (Hippocampus guttulatus) algemeen voorkom vanafWes-Afrika tot byWes-Europa.

Ander reken weer dat die seeperde wat in bogenoemde gebied voorkom, almal kortneusseeperde (Hippocampus hippocampus) is en dat hulle hoofversamelpunt dieMiddellandse See is. In soutwaterakwaria word meestal net van die groter, eksotiese spesies aangehou, soos diegeelseeperdjie (Hippocampus kuda) en die groot seeperd (Hippocampus hudsonius), wat meer as 20 cm lank kan word. Laasgenoemde diertjie het beroemdheid verwerf as die eerste seevis wat in 'nakwarium voortgeplant het.

Die kleintjies groei baie vinnig en kan so goed van verwonding herstel dat 'n geamputeerde vin na selfs twee weke vervang is. Die grootste sukses ten opsigte van die aanteel van hierdie tipe vis in gevangenskap is met diedwergseeperd (Hippocampus zosterae) behaal. Hierdie diertjies is uiters goed aangepas vir lewe in dieGolf van Meksiko.

Hulle bereik ’n maksimumlengte van 5 cm. Hoewel baie seeperdspesies met "maanhare", horinkies en ander uitsteeksels getooi is, is nie een spesie so ontwikkeld soos die groot rafelvis (Phyllopteryx eques) of die klein rafelvis (Phyllopteryx foliatus), wat albei velflappe (velvoue) besit nie. Dit verhoog hul oorlewingskans tussen dieseewiere, aangesien albei spesies baie soos die seewiere lyk.

Spesies

[wysig |wysig bron]

Gebaseer op die nuutste algehele taksonomiese oorsig[8] van dieHippocampus genus met verdere nuwe spesies en gedeeltelike taksonomiese oorsig,[9][10][11][12]die aantal erkende spesies in hierdie genus word as 46 beskou (sedert Mei 2020):

H. kuda
H. subelongatus
H. whitei

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Rafinesque Schmaltz, C. S. (1810)."G. Hippocampus".Caratteri di alcuni nuovi generi e nuove specie di animali e piante della Sicilia: con varie osservazioni sopra i medesimi. Palermo: Sanfilippo. p. 18.
  2. Hippocampus Rafinesque, 1810,WoRMS
  3. Whitley, Gilbert P. (1931)."New Names for Australian Fishes".The Australian Zoologist.6 (4): 313.
  4. Shorter Oxford English Dictionary. Oxford, UK: Oxford University Press. 2007.ISBN 978-0199206872.
  5. Sjabloon:LSJ,Sjabloon:LSJ,Sjabloon:LSJ.
  6. Jarvis, Dr Peter (13 Januarie 2020).The Pelagic Dictionary of Natural History of the British Isles: Descriptions of all Species with a Common Name (in Engels). Pelagic Publishing Ltd.ISBN 978-1-78427-196-1.
  7. "sea horse or seahorse".. Geargiveer 7 Augustus 2016 opWayback Machine
  8. LOURIE, SARA A.; POLLOM, RILEY A.; FOSTER, SARAH J. (1 Augustus 2016). "A global revision of the SeahorsesHippocampus Rafinesque 1810 (Actinopterygii: Syngnathiformes): Taxonomy and biogeography with recommendations for further research".Zootaxa.4146 (1): 1–66.doi:10.11646/zootaxa.4146.1.1.ISSN 1175-5334.PMID 27515600.
  9. 9,09,19,2Short, Graham; Smith, Richard; Motomura, Hiroyuki; Harasti, David; Hamilton, Healy (2 Augustus 2018)."Hippocampus japapigu, a new species of pygmy seahorse from Japan, with a redescription ofH. pontohi (Teleostei, Syngnathidae)".ZooKeys (779): 27–49.doi:10.3897/zookeys.779.24799.ISSN 1313-2970.PMC 6110155.PMID 30166895.
  10. 10,010,1Zhang, Yan-Hong; Qin, Geng; Wang, Xin; Lin, Qiang (23 September 2016). "A new species of seahorse (Teleostei: Syngnathidae) from the South China Sea".Zootaxa.4170 (2): 384–392.doi:10.11646/zootaxa.4170.2.11.ISSN 1175-5334.PMID 27701270.
  11. 11,011,1Han, Sang-Yun; Kim, Jin-Koo; Kai, Yoshiaki; Senou, Hiroshi (30 Oktober 2017)."Seahorses of theHippocampus coronatus complex: taxonomic revision, and description ofHippocampus haema, a new species from Korea and Japan (Teleostei, Syngnathidae)".ZooKeys (712): 113–139.doi:10.3897/zookeys.712.14955.ISSN 1313-2970.PMC 5704180.PMID 29187790.
  12. 12,012,1Short, Graham; Claassens, Louw; Smith, Richard; De Brauwer, Maarten; Hamilton, Healy; Stat, Michael; Harasti, David (19 Mei 2020)."Hippocampus nalu, a new species of pygmy seahorse from South Africa, and the first record of a pygmy seahorse from the Indian Ocean (Teleostei, Syngnathidae)".ZooKeys (934): 141–156.doi:10.3897/zookeys.934.50924.PMC 7253503.PMID 32508498.

Bronnelys

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Taksondatabasisse
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Seeperd&oldid=2620156"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp