Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Seeluiperd

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Seeluiperd[1]
Tydperk:5–0 m. jaar geledeVroeëPlioseen – Onlangs
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:
Genus:
Hydrurga

Gistel, 1848
Spesie:
H. leptonyx
Binomiale naam
Hydrurga leptonyx
(Blainville, 1820)
Verspreiding van die seeluiperd (blou)
Sinonieme
  • homei (Lesson, 1828)
  • leptonyz (de Blainville, 1820)

’nSeeluiperd ofluiperdrob (Hydrurga leptonyx) is 'nseesoogdier wat aan diefamilie vanrobbe behoort en in dieAntarktiese see leef. Naas dienoordelike olifantrobbe, is die seeluiperd die grootste robspesie.

Hierdie diere kom algemeen in dieSuidelike Halfrond langs die kus van Antarktika en op die meeste sub-Antarktiese eilande voor. InSuider-Afrika word hulle gereeld by dieDyer- enMalgas-eiland nabyKaapstad gesien, waar hulle onder seevoëls jag. Hulle word egter soms so ver noord asWalvisbaai opgemerk.

Die seeluiperd se rug isdonkergrys en die buik is 'n ligtegrys. Die nek is witterig met swart kolle, wat baie soos 'nluiperd se kolle lyk (vandaar die naam).

Seeluiperde leef ongeveer ses-en-twintig jaar (dalk langer). Hulle enigste natuurlike vyande ismoordvisse en groothaaie. Hulle vreet ander robbe,pikkewyne,vis,inkvis en verskeie ander seediere.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Wozencraft, W. Christopher (16 November 2005). "Order Carnivora (pp. 532-628)". In Wilson, Don E.; Reeder, DeeAnn M. (reds.).Mammal Species of the World: A Taxonomic and Geographic Reference] (3de uitg.). Baltimore: Johns Hopkins University Press, 2 vols. (2142 pp.).ISBN 978-0-8018-8221-0.OCLC 62265494.
  2. Southwell, C. (2008).Hydrurga leptonyx.2008IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies.Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 28 Januarie 2009.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Taksondatabasisse
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Seeluiperd&oldid=2558646"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp