Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

See van Marmara

Koördinate:40°41′12″N28°19′7″O / 40.68667°N 28.31861°O /40.68667; 28.31861
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
See van Marmara

Foto van die see uit die ruimte (STS-40, 1991). Die see is die liggroen watermassa

Kaart van die See van Marmara
Koördinate:40°41′12″N28°19′7″O / 40.68667°N 28.31861°O /40.68667; 28.31861
Ligging:Turkye
Soort:See van dieMiddellandse See
Oppervlakte:11 350 km² (4 380 myl²)
Gemiddelde diepte:494 m (1 621 vt)
Maksimum diepte:1 370 m (4 490 vt)
Volume:3 378 km³ (810 myl³)
Invloei:Simav, Biga Çayı, Nilüfer
Eiland/e:Marmara-eilande, Avşa, İmralı,Prinse-eilande, Paşalimanı en Ekinlik-eiland
Nedersettings:Istanboel,Bursa,Izmit, Tekirdağ, Balıkesir, Çanakkale, Yalova

DieSee van Marmara ofMarmora (Turks: Marmara Denizi) is die binnelandsesee wat dieSwartsee met dieEgeïese See verbind enTurkye in ’nEuropese enAsiatiese deel verdeel. DieBosporus verbind dit met dieSwartsee en dieDardanelle met dieEgeïese See. Eersgenoemde seestraat verdeelIstanboel ook in ’n Europese en Asiatiese kant. Die See van Marmara het ’n oppervlakte van sowat 11 350 km² (280 km x 80 km)[1] en ’n diepte van tot 1 370 m.

Geografie

[wysig |wysig bron]

Diesoutgehalte van die see is gemiddeld sowat 22 dele per 1 000, wat effens meer is as dié van die Swartsee, maar net omtrent twee derdes van dié van die meeste oseane. Op die seebodem is die water souter – sowat 38 dele per 1 000. Water van verskeie riviere, meestal vanAnatolië, verminder die soutgehalte.

Daar is twee groot eilandgroepe in die see, diePrinse- en die Marmara-eilande. Die kus is getand en ’n paar golwe kom daar voor, soos die Golf van Izmit.

Tydens ’n storm op 29 Desember 1999 het dieRussiese olietenkskip Wolgoneft in die See van Marmara middeldeur gebreek en 1 500 ton olie in die water gestort.

Die Noord-Anatoliese breuk, wat al baie grootaardbewings veroorsaak het, soos dieIzmit-aardbewing van 1999, loop onder die see.

Naam

[wysig |wysig bron]

Die see is genoem na die eiland Marmara, wat ryk aanmarmer is, van die Griekse woord μάρμαρον (marmaron, "marmer").[2]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Sea of Marmara
  2. Marmaron, Henry George Liddell, Robert Scott,A Greek-English Lexicon, at Perseus

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Arktiese Oseaan
Atlantiese Oseaan
Indiese Oseaan
Stille Oseaan
Suidelike Oseaan
Endoreïse bekken
Belangrikste bakens vanIstanboel
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=See_van_Marmara&oldid=2673825"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp