Sebastian Vettel (gebore3 Julie1987 inHeppenheim) is 'nDuitse voormaligeFormule Eenrenjaer. Hy was vier keer die wêreldbestuurderskampioen, in2010,2011,2012 en2013. Tot einde 2020 was hy 'n lid van dieScuderia Ferrari-span saam met spanmaatCharles Leclerc. Vettel het op 12 Mei 2020 aangekondig dat sy en Ferrari se paaie aan die einde van die 2020 Formule Een-seisoen gaan skei.[3] Hy was in 2021 en 2022 opgeneem in dieAston Martin-Mercedesspan.
Vettel het in 2007 op die ouderdom van 19 jaar en 53 dae die jongste Formule Eenbestuurder geword wat (op daadie tydstip) nog aan 'n Grand Prixwedren deelgeneem het. Tydens die wedren by die2007 Verenigde State Grand Prix het hy ook die jongste bestuurder geword wat kampioenskapspunte kon verdien. Terwyl hy vir dieToro Rossospan by die2007 Japannese Grand Prix gejaag het, het hy ook die jongste bestuurder geword wat in die eerste posisie kon wegspring tydens 'n wedren.
Vettel se bynaam isBaby Schumi, te danke aan sy bestuurstyl wat soortgelyk is aan die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen,Michael Schumacher.
Vettel het op 28 Julie 2022 aangekondig dat hy uit Formule 1 tree aan die einde van die2022-seisoen.[4] Sy renmaats en spanlede het hom met 'n swaar gemoed gegroet op 20 November 2022.
(Uitslae metP toon voorste wegspronge aan,V is vinnigste rondte)
† Kon nie die ren voltooi nie, maar is geklassifiseer omrede hy meer as 90% van die wedrenafstand afgelê het.
‡ Halwe punte is in België toegeken in 2021 omdat daar minder as 75% van die wedren afgelê is weens hewige reën.
|
|---|
| Internasionaal | |
|---|
| Nasionaal | |
|---|
| Mense | |
|---|