Die meeste nasionale en internasionale besoekers kom by dieSea-Tac International Airport aan wat 14 myl suid van Seattle geleë is en sedert sy opening in 1944 die metropolitaanse gebied van Seattle enTacoma bedien. 'n Openbare vervoerdiens na die middestad word deurLink Light Rail verskaf. Die rit neem sowat veertig minute.
Daar is nog twee kleiner lughawens in die omgewing. King County Internasionale lughawe, ook bekend as Boeing Field, en vyf myl suid van die middestad geleë, was tot 1944 Seattle se hooflughawe. Tans word dit deur kleiner lugrederye soos Kenmore Air bedien wat vlugte na bestemmings in ander dele van Washington bied, terwyllugvrag ook hier gehanteer word.
Paine Field, noord van Seattle in Everett geleë, is 'n klein lughawe vir privaatvliegtuie. Dit word ook deur 'n nabygeleë aanleg van die vliegtuigvervaardigerBoeing gebruik.