Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Arthur Schopenhauer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanafSchopenhauer)
Arthur Schopenhauer
Gebore22 Februarie1788
Danzig,Pruise
Oorlede21 September 1860 (op 72)
Frankfurt am Main,Koninkryk Pruise
VakgebiedMetafisika, estetika, etiek, fenomenologie, moraliteit, sielkunde
Beïnvloed deurBoeddhisme, Kant,Plato, Upanishade
Invloed opBorges, Campbell, Einstein, Freud, Gray, Jung, Kraus, Mann, Neumann, Nietzsche, Ryle, Santayana, Schrödinger, Tolstoi, Wagner, Weininger, Wittgenstein, Zapffe
Handtekening

Arthur Schopenhauer is 'n 19de-eeuse Duitse filosoof. Hy is op22 Februarie1788 inDanzig gebore. Sy pa was 'n bankier en sy ma 'n skrywer. In1793 het die gesin naHamburg getrek. Na sy pa se skielike dood in 1805 het Schopenhauer begin met sy akademiese opleiding te Gotha,Weimar,Göttingen enBerlyn. Hy het aanvanklik geneeskunde en natuurwetenskappe studeer en later in1813 sy verhandeling in die filosofie aan die Universiteit van Jena voltooi. Hy het ook filosofie aan die Universiteit van Berlyn doseer waar hy hom veral teenGeorge Hegel verset het. Hy het hom later in Frankfurt gevestig waar hy in1860 gesterf het.

Hy staan bekend vir sy werkDie Welt als Wille und Vorstellung (Die Wêreld asWil en Voorstelling) wat in1819 gepubliseer is en aanvanklik met stilswye begroet is. Sy wêreldbeskouing is deurgaans pessimisties. Hy is ontnugter deur menslike wreedheid en het die lewe as wesenlik boosaardig, sinneloos en vol leed beskou. Hy was ook bekend vir sy vrouehaat en wantroue in ander mense.

Hy het 'n groot bewondering virImmanuel Kant,Plato enJohann Wolfgang von Goethe gehad. Sy werke is ook beïnvloed deur dieOosterse filosofie waarin hy ontsnapping uit 'n swaarmoedige lewe inasketiese lewensstyl gesien het.

Bronne

[wysig |wysig bron]
  • Young, J. 2005.Schopenhauer. Routledge: Londen & New York

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Filosowe
Teorieë
Konsepte
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Arthur_Schopenhauer&oldid=2710180"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp