Saurischia
|
---|
 |
Replika vanEoraptor lunensis se skelet. |
Wetenskaplike klassifikasie |
---|
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Superorde: | |
Orde: | Saurischia
(Seeley, 1888) |
Subgroepe |
---|
|
Saurischia (van dieGriekse σαυροςsauros, "akkedis", en ισχιονischion, "heupgewrig") is een van twee basieseordesdinosourusse. Harry Seeley het dinosourusse in 1888 in twee ordes geklassifiseer na aanleiding van hul heupstruktuur,[1] hoewel baie paleontoloë Saurischia vandag as ’nklade sonder rang klassifiseer.[2]Souriskiums ("met akkedisheupe") word onderskei van dieOrnithischia ("met voëlheupe") deurdat hulle hul voorsate se bene in hul heupe behou het.
Sauropodomorpha enTheropoda val in die orde Saurischia. Ornithischia bestaan uitCeratopsia en dinosourusse soosParasaurolophus enCorythosaurus.
Allevleisetende dinosourusse (die teropodes) is souriskiums, asook een van die twee primêre linies van plantetende dinosourusse, dieSauropodomorpha. Aan die einde van dieKryt-periode het alle souriskiumsuitgesterf behalwevoëls. Dit staan bekend as dieKryt-Paleogeen-uitwissing.
- ↑Seeley, H.G. (1888). "On the classification of the fossil animals commonly named Dinosauria."Proceedings of the Royal Society of London,43: 165-171.
- ↑Weishampel, D.B., Dodson, P., and Osmólska, H. (reds.). (2004).The Dinosauria. 2de uitg.. University of California Press, Berkeley. 833 pp.