Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Sarajevo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Sarajevo
Сарајево

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Bosnië en Herzegowina Bosnië en Herzegowina
 Koördinate43°52′N18°25′O / 43.867°N 18.417°O /43.867; 18.417
 Stigting1461
 Oppervlakte: 
 - Totaal141,5vk km
 Hoogte bo seevlak518 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2013)448 646
 - Bevolkingsdigtheid2 157,2/vk km
 - Metropolitaanse gebied688 354
 TydsoneUTC +1 (MET)
 -SomertydUTC +2 (MEST)
 BurgemeesterIvo Komšić (SDU)
 Amptelike Webwerfwww.sarajevo.ba

Sarajevo (Cyrillies: Сарајево, [sǎrajeʋo]) is diehoofstad en met 'n bevolking van 448 646 ook die grootste stad vanBosnië en Herzegowina. Die stad is langs die Miljacka-rivier in die Sarajevo-vallei geleë en word deur dieDinariese Alpe omring.

'n Uitsig oor Sarajevo

Sarajevo het vroeër veral vir sygodsdienstige diversiteit bekend gestaan. Hier het aanhangers vanIslam, die OrtodokseChristendom,Katolisisme enJudaïsme eeue lank vreedsaam saamgeleef.

Alhoewel die eerste menslike nedersettings in die gebied in die prehistoriese tydperk terugstrek, het die moderne Sarajevo uit 'n 15de eeuseOttomaanse vesting ontstaan. Die stad het verskeie kere in sy geskiedenis internasionale aandag getrek. Die moord op aartshertogFrans Ferdinand van Oostenryk en sy vrou Sophie in1914 was die vonk wat dieEerste Wêreldoorlog laat ontvlam het. Sewentig jaar later het Sarajevo as die gasheerstad van dieOlimpiese Winterspele opgetree. Die beleg van Sarajevo tydens die Bosniese onafhanklikheidsoorlog tussen1992 en1996 vorm een van die donkerste periodes uit die geskiedenis van die stad.

Die heropbou duur steeds voort, maar Sarajevo is lankal die beduidendste kulturele en ekonomiese sentrum in Bosnië en Herzegowina.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Hoofstede vanonafhanklike lande
Hoofstede vanomstrede gebiede
Hoofstede vanafhanklike gebiede
Hoofstede van
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Sarajevo&oldid=1980149"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp