Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Santa Monica, Kalifornië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Santa Monica

KaartSeël
Vlag
 LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 DeelstaatKalifornië
 CountyLos Angeles
 Koördinate34°01′N118°29′W /34.017°N 118.483°W /34.017; -118.483
 Gestig op3 Augustus1769
 Geïnkorporeer op30 November1886
 Oppervlakte: 
 - Totaal21,80vk km
 Hoogte bo seevlak32 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2018)91 411
 - Bevolkingsdigtheid4 193/vk km
 TydsonePST (UTC -8)
 SomertydPDT (UTC -7)
 BurgemeesterKevin McKeown (D)
 Amptelike Webwerfsmgov.net

Santa Monica is 'n stad in diedeelstaatKalifornië geleë aan die voet van die Santa Monica-berge aan dieStille Oseaan. Dit is ongeveer 24km wes vanLos Angeles. Die nedersetting het dorpstatus verkry in 1827 en stadstatus in 1886.Toerisme is 'n groot bron van inkomste en die stad is bekend virroofvishengel en hulle strande.[1] 'n Ligte treinstelsel, dieMetro Expo Line, verbind die middestede van Santa Monica en Los Angeles met mekaar.

Little Britain

[wysig |wysig bron]

In Kalifornië word na Santa Monica soms verwys asLittle Britain weens die betreklik grootBritse gemeenskap van tydelik tussen 4 000 en 5 000 siele wat hulle hier sedert die vroeë 1960's gevestig het. Intussen het die gemeenskap weens hoë eiendomspryse en strenger immigrasievereistes gekrimp tot 807 burgers (soos in 2011).[2][3] Die enigste weekblad in die Verenigde State met Britse immigrante as teikengroep,The British Weekly, word eweneens hier gepubliseer.[4][5]

Vroeë Britse inwoners het bekende literêre persoonlikhede soosChristopher Isherwood enW. H. Auden ingesluit. Isherwood, wat hom in Kalifornië kom vestig het nadat hy in die tyd van dieRepubliek van Weimar enkele jare saam met sy lewensmaat W. H. Auden inBerlyn deurgebring het, is in 1986 in sy huis in Santa Monica aankanker oorlede. Vandag is dit hoofsaaklik bekendes uit die vermaaklikheidsbedryf wat hulle hier kom vestig om sukses op die Amerikaanse mark te behaal.

Vervoer

[wysig |wysig bron]

Lughawe

[wysig |wysig bron]
Santa Monica-lughawe temidde van digbeboude woonbuurte waar bewoners al lank gekla het oor geraas en besoedeling wat deur vliegtuie veroorsaak word
Die westelike eindpunt van die historieseU.S. Route 66-grootpad bySanta Monica Pier

Die Stad Santa Monica is die eienaar van die oudste lughawe in Los Angeles County wat steeds in bedryf en sowat tien kilometer noord vanLos Angeles se internasionale lughawe (LAX) geleë is. Die Federale Lugvaartadministrasie FAA het die lughawe in sy Nasionale Plan vir Geïntegreerde Lughawestelsels vir die tydperk tussen 2009 en 2013 as 'n sogenaamdereliever airport gekategoriseer - 'n lughawe dus waarna vliegtuie kan uitwyk as groter lughawens in die omgewing hul kapasiteitsgrense bereik.

Volgens amptelike planne sal Santa Monica-lughawe (SMO) teen 2028 gesluit word. In Junie 2019 is met die verkorting van die bestaande aanloopbaan met 'n lengte van tans 5 000 tot 3 500 voet begin. Die lughawe se oppervlakte van 227 akkers sal as park herontwikkel word. Met die oog op Santa Monica se betreklik groot getal werksgeleenthede wat daagliks tienduisende pendelaars die stad laat binnestroom en die heersende behuisingstekort, word daar tans 'n openbare debat gevoer oor 'n alternatiewe herontwikkeling van die terrein as woonbuurt, gegewe die beskikbaarheid van werksgeleenthede, vervoergeriewe en skole in die lughawe se onmiddellike omgewing - die Westside van Los Angeles.[6]

Media

[wysig |wysig bron]

Radiostasies

[wysig |wysig bron]

KCRW, een van twee radiostasies in die Groter Los Angeles-gebied met volle lidmaatskap inNPR, die VSA se openbare radionetwerk, saai sy programme vanuit die kampus van Santa Monica-kollege op 89,9 MHz FM uit.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 20, Bladsy 418.
  2. marketplace.org, 20 Julie 2012: Santa Monica business hurt by British expats departing. Besoek op 10 Mei 2018
  3. Santa Monica Daily Press, 30 Julie 2013: Brit expat population dwindles. Besoek op 10 Mei 2018
  4. The British Weekly - About Us. Besoek op 10 Mei 2018
  5. BBC America: The Brit List: The 10 Most British Towns in America. Besoek op 10 Mei 2018
  6. kcrw.com - Design and Architecture, 11 Junie 2019: Is a park the best future use of Santa Monica Airport? Besoek op 13 Junie 2019

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Toerisme

Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Santa_Monica,_Kalifornië&oldid=2733543"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp